Edwyn Robert Bevan OBE, FBA (gebore 15 Februarie 1870 in Londen - oorlede 18 Oktober 1943 in Londen) was 'n veelsydige Engelse filosoof en geskiedkundige van die Helleense wêreld.
Hy was die veertiende van sestien kinders van Robert Cooper Lee Bevan, 'n vennoot in Barclays Bank, en sy tweede vrou Frances Emma Shuttleworth, dogter van Philip Nicholas Shuttleworth, Biskop van Chichester.
Edwyn Robert Bevan | |
Gebore | 15 Februarie 1870 Londen, Engeland |
---|---|
Oorlede | 18 Oktober 1940 (op 70) Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Vakgebied | Filosofie, Geskiedenis |
Hy het 'n akademiese posisie te King's College London beklee. Die Arabis Anthony Ashley Bevan was sy broer, die komplotteoris Nesta Helen Webster was sy jongste suster en die kunstenaar Robert Polhill Bevan 'n neef. Hy het in 1896 getrou met Daisy Waldegrave, dogter van Granville Waldegrave, 3de Baron Radstock. Die egpaar het twee dogters gehad.
Bevan is 'n eredoktorsgraad toegeken by St. Andrews in 1922, en 'n ere-D.Litt. deur Oxford in 1923. In 1942 word hy 'n Deelgenoot van die Britse Akademie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Edwyn Bevan, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.