E-Tol

e-tol verwys na die elektroniese insamelingsprosesse wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Sanral in werking gestel is om toltariewe van padgebruikers op geselekteerde tolpaaie of verkeerslane te hef, onderhewig aan die Sanral-wet van 1998.

Teen 2014 was 19% van Suid-Afrika se nasionale paaie tolpaaie, en Sanral se inkomstebronne bestaan uit tolgeldinkomste en 'n toewysing uit die nasionale fiskus. Aanvanklike kapitaaluitleg vir groot projekte word ook gefinansier deur uitreiking van staatseffekte in die ope mark.

E-Tol
TG001 Barbet op die N1-noord
E-Tol
e-skyfie-tollaan op die N1-suid by die Carousel-tolplaza, noordelike Gauteng
E-Tol
e-skyfie-tollaan op die N2 by George, Wes-Kaap
E-Tol
Suid-Afrika se besigste stede volgens die TomTom-opeenhopingsindeks

Die twee vernaamste insamelingsmetodes is Valboom-elektroniese tolheffings en Opepad-tolheffings (ORT). Die stelsel is ontwerp om die R20 miljard hoofwegopgraderingprogram (GFIP) te finansier wat in 2007 ingevoer is en teen April 2011 grootliks voltooi is. Opepad tolheffings is op 3 Desember 2013 in Gauteng in werking gestel toe die provinsie sowat 3.5 miljoen geregistreerde voertuie gehad het.

Elektroniese tolheffings

Voertuie word elektronies uitgeken sonder dat enige kontanttransaksies op paaie of hoofweë plaasvind. Voertuig-identifisering geskied by wyse van die aflees van 'n e-etiket of 'n voertuig-lisensieplaat deur sensors of kameras wat op oorhoofse stellasies gemonteer is, en deur rekenaars geinterpreteer word. Electronic Tolling Collection (ETC) is die gekontrakteerde maatskappy wat die stelsel ontwerp en gebou het, en steeds bedryf, en benewens oorsig verleen oor die Transaksie-administrasiehuis (TCH) wat klantrekeninge behartig, en die Oortredings-prosesseringsentrum (VPC) wat prosedures volg teen wanbetalers.

Houers van e-etikette geniet die voordeel van 'n 48%-afslag op tariewe en 'n limiet op rekenings, maar die besit van 'n e-etiket of dagpas bly vrywillig en vereis gevolglik geen wetstoepassing nie. Tariewe word na gelang van die inflasiekoers aangepas. Rekeninge word per pos gestuur aan padgebruikers wat nie op die stelsel geregistreer is nie, en teen Mei 2014 het Sanral nog nie oorgegaan tot finale aanmanings jeens padgebruikers wat nie hul rekeninge vereffen het nie.

Valboom-proses

By konvensionele tolplazas, in die verkeerslane wat die e-etiket-merkteken dra, registreer en verifieer oorhoofse toerusting die besonderhede van 'n e-etiket in 'n stadigbewegende voertuig, en 'n bedrag word outomaties van die padgebruiker se tolrekening afgetrek, waarna die valboom oplig, of lig groen word, en die padgebruiker kan deurry.

Opepad-proses

Die stelsel vir multi-verkeerslaan en vryvloeiende verkeer werk sonder die aandoen by enige tolstasie. Kameras en ander sensors wat aan oorhoofse stellasies gemonteer is, registreer die e-etiket en fotografeer die lisensienommerplaat, en 'n bedrag word van die geregistreerde e-etikethouer se rekening afgetrek. Ter stawing word elke voertuig van bo gefotografeer vir lengte-klassifikasie, met bykomende fotos van die voor- en agterlisensieplate. Die 43 oorhoofse stellasies staan op sowat 10 km intervalle van mekaar oor die N1, N3, N12 en R21 hoofweë.

Die snelweë wat aan e-tol onderhewig is, sluit in die hele Johannesburg-ringpad (N1 Westelike Verbypad; N3 Oos-verbypad; N12 Suidelike Verbypad), die hele snelweggedeelte van die R21 (Pretoria na Boksburg-Noord), die Danie Joubert-deurpad (die N1) vanaf die Proefplaas-wisselaar oos van Pretoria SSK na die Brakfontein-wisselaar in Centurion, die N1-gedeelte van die Ben Schoeman-hoofweg (Brakfontein-wisselaar in Centurion na Buccleuch-wisselaar in Sandton), die N12-gedeelte van die Gillooly's-wisselaar in Bedfordview tot by die R51 Daveyton-wisselaar en die N3-gedeelte vanaf die Elands-wisselaar in Germiston tot by die R554 Heidelbergweg-wisselaar in Alberton.

Verbruikerteenstand en impak

Wye kritiek is teen die stelsel uitgespreek. 'n Publieke koalisie genaamd Opposition to Urban Tolling Alliance (Outa) het inisiatiewe van stapel gestuur om die implementering van die e-tolstelsel af te weer, en sekere vakunies, regsfirmas en kerke het hul by die afkeurende stemme geskaar. Outa was van mening dat die stelsel onregmatig is, en het die hooggeregshof in 2012 genader, wat egter uitslag gelewer het dat die GFIP volgens wetsvereistes geïmplementeer is. In 2014 het Outa die Rule of Law- veldtog begin, en die voorneme gegee om die wettigheid van eerste stappe teen wanbetalers in die hof te betwis. In 2014 het die Gautengpremier David Makhura ook 'n paneel saamgestel om die sosio-ekonomiese impak van die e-tolstelsel te hersien, maar sonder enige voorneme om die GFIP self onder die loep te neem. In die eerste ses maande het agterstallige betalings van ongeregistreerde padgebruikers reeds R1 miljard beloop, en die Gautengregering het die ontevredenheid van motoriste te kenne gegee. Die Gautengse uitvoerende raadslid vir vervoer, Ismail Vadi, het egter aangedui dat die e-tolstelsel in die provinsie in gebruik sal bly, alhoewel 'n provinsiale brandstofheffing, provinsiale belasting of skadutol oorweeg mag word vir toekomstige opgraderingsprojekte.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

E-Tol Elektroniese tolheffingsE-Tol Valboom-prosesE-Tol Opepad-prosesE-Tol Verbruikerteenstand en impakE-Tol VerwysingsE-Tol Eksterne skakelsE-TolNasionale paaie in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Klimaatsverandering in Suid-AfrikaArabies-Israeliese konflikNasionalismeNag van die lang messeVoortrekkermonumentGeboorteMynbouInstagramJudaïsmeEnsiklopedieBedreigde spesieVerkoueKoolstofSeksposisieRobert SobukweRooipandaMantisJaco JacobsMateriaalOplossing (chemie)OudtshoornKasteel die Goeie HoopGevolge van aardverwarming op oseaneAtriale fibrillasieKondensasieKlimaatsverandering in AfrikaC.J. LangenhovenMusiekCristiano RonaldoVoedingEkonomieDansAmateurradioAnneli van RooyenAfrikaansKrimpvarkieKunselementeAfrikaanse taalleerMaselsSuid-Afrikaanse WeermagKhoikhoiTuisbladConsolidated B-24 LiberatorRooikatGoudKameelperdSaartjie BaartmanVolhoubaarheidTurkyeSenuweestelselSinkWes-KaapNatuurrampVraag en aanbodPeriodieke tabelWater (molekuul)Menslike seksuele gedragLys van nedersettings in Suid-AfrikaTekstielMondLys van kinderspeletjiesBrongitisBorsteKultuur7de LaanStaatstoelaeAndrew DavisNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLys van bekende Suid-AfrikanersPad na jou hartStaalHemelvaartOntwerpJan van TonderOnse VaderLien se lankstaanskoene🡆 More