Bedfordview

Bedfordview is 'n welvarende voorstad aan die Oos-Rand, provinsie Gauteng, Suid-Afrika met 'n merendeels Engelssprekende blanke bevolking.

Dit maak sedert 2000 deel uit van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit. Bedfordview is onder meer bekend vir die Eastgate-winkelsentrum, wat die grootste winkelsentrum in die Suidelike Halfrond was toe dit in 1979 geopen is.

Bedfordview
Bedfordview soos vanaf die noordweste gesien
Bedfordview soos vanaf die noordweste gesien
Bedfordview is in Gauteng
Bedfordview
Bedfordview
Bedfordview Bedfordview se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°10′46″S 28°08′10″O / 26.17944°S 28.13611°O / -26.17944; 28.13611 28°08′10″O / 26.17944°S 28.13611°O / -26.17944; 28.13611
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitEkurhuleni
Stigting1926
Oppervlak
 • Totaal11,07 km2 (4,27 vk. myl)
Hoogte
1 639 m (5 377 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal13 959
 • Digtheid1 261/km2 (3 270/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense63.9%
 • Indiërs/Asiërs7.7%
 • Bruin mense1.7%
 • Swart mense23.2%
 • Ander3.3%
Taal (2011)
 • Engels 69.6%
 • Afrikaans 7.5%
 • Zoeloe 4.0%
 • Noord-Sotho 2.2%
 • Ander 16.6%

Geskiedenis

Alhoewel die omgewing van Bedfordview al duisende jaar lank deur swartes bewoon is, het die gedokumenteerde geskiedenis van die gebied eers met die vestiging van die eerste blanke setlaars in die 19de eeu begin.

Die grootste deel van die huidige dorpsgebied is oorspronklik deur die plaas Elandsfontein beslaan en in die tyd van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) as deel van die Potchefstroomdistrik bestuur. Op Bedfordview se wapen verskyn 'n eland met 'n fontein as verwysing na die dorp se vroeë geskiedenis.

Die Witwatersrandgoudrif het 'n groot invloed op die latere geskiedenis van Bedfordview uitgeoefen. Elandsfontein is verkoop om die delfregte in die gebied te kry en later in kleiner plase en kleinhoewes opgedeel. Op baie van dié plase het afgetrede mynwerkers hulle gevestig. Die hele gebied het as Geldenhuis Estates Smallholdings bekend gestaan.

Een van hierdie plase was in besit van Sir George Herbert Farrar, 'n Randheer wat 'n belangrike rol by die beplanning van die Jameson-inval gespeel het – een van die hoofoorsake van die Tweede Vryheidsoorlog. Sy plaas, Bedford, is vernoem na Farrar se geboortestad Bedford in Engeland en was in die huidige voorstad St Andrews geleë, en dele daarvan kan steeds by die St Andrews-skool besigtig word. Die aanval is blykbaar in 'n klein huis naby die plaas beplan. Sir George is in Milnerlaan naby die skool in die dorp se enigste amptelike graf ter ruste gelê.

Gedurende die oorlog is berede Britse troepe in Bedfordview gestasioneer aan wie die plant van eikebome langs Van Buurenlaan toegeskryf word. Volgens 'n plaaslike legende is 'n Indiese radja, wat in die Britse magte gedien het, ná sy afsterwe in sy volle seremoniële kleding en met sy swaard, versier met juwele, êrens in Bedfordview begrawe.

Die naam Bedfordview is in 1926 as deel van 'n wedstryd gekies. 'n Meisie wat dié kompetisie gewen het, het die uitsig vanaf die plaas Bedford geniet. Bedford View (twee woorde) is daarna amptelik geregistreer. Gaandeweg is die dorpsnaam vas geskryf.

Omstreeks 1932 was daar reeds 'n klein nedersetting met 'n openbare skool en 'n poskantoor. Die 1ste Bedfordview Padvinderstroep het sy deure op 26 Julie 1928 geopen. Maar die dorp het nog ernstige gesondheidsgevare ingehou. Rioolwater het vanaf Malvern-Oos in Van Buurenstraat afgestroom, terwyl vark- en ander plase trekpleisters vir swerms vlieë was. Daar was planne om die gebied by 'n munisipaliteit in te sluit wat hierdie vraagstukke sou aanspreek. Inwoners is gevra of hulle liewer by Johannesburg of Germiston wou aansluit.

Die insluiting by 'n munisipalieit was egter aan tariewe en belasting gekoppel, en die bewoners het liewer hul eie gesondheidskomitee in die lewe geroep om omgewingsake te hanteer. Hieruit sou later die Bedfordview-dorpsraad ontwikkel.

Ná die algemene demokratiese verkiesing in 1994 was Bedfordview genoodsaak om met Germiston en Palm Ridge saam te smelt om die Groter Germiston-Oorgangsraad te vorm. Hierdie raad het later met ander nedersettings aan die Oos-Rand saamgesmelt om die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit te vorm. Naas Bedfordview maak die ou munisipaliteite Alberton, Benoni, Boksburg, Brakpan, Edenvale, Germiston, Kemptonpark, Nigel en Springs deel uit van die metropolitaanse munisipaliteit.

Verwysings

Tags:

19792000Ekurhuleni Metropolitaanse MunisipaliteitEngelsGautengSuid-AfrikaSuidelike HalfrondVoorstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ToerismeBTWHannes van WykMarsWinterWortelJohannesburgKoppeltekenVigsInsekLys van elemente volgens simboolFilistynePseudowetenskapPoesMenslike skeletLiefdeDemi Lee MooreOutismeRonelda KamferLabia (geslagsdele)HeupvervangingPornografiese subgenresMondSuid-Afrikaanse GrensoorlogJavaScriptGasReg tot ‘n gesonde omgewingGeelhoutWikipediaWerkersdagDikdermKolitisSeevlakWikiquoteHefboomSeekatSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024MensEkonomie van Suid-AfrikaWelwitschiaAnneli van RooyenRudi ClaaseVingerseksWaatlemoenDwelmmiddelKaliumHeupLys van Afrikaanse televisiereekseVakbondWaterstofNamakwalandMiljardKoue OorlogMetaalBruin menseNederlandSonkragMorfeemWeerfrontStadAnilingusBlomDiarreeWright-broersNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLys van Suid-Afrikaanse musikanteMateriaalFisiese oefeningRuslandVrystaatWoordeskatRenosterTamatieKunsLeonardo da VinciPadda🡆 More