Droëwors: Suid-Afrikaanse peuselkos

Droëwors is 'n eg Suid-Afrikaanse peuselkos wat op die tradisionele koljander-gekruide boerewors gebaseer is.

Dit word gewoonlik van dunner wors, eerder as die dikker soort gemaak, omrede die dunner wors vinniger droog word en dus nie so maklik bederf voordat dit gepreserveer word nie. Dikker droëwors word gewoonlik plat gedruk sodat dit 'n groter oppervlakte het om makliker uit te droog.

Droëwors: Suid-Afrikaanse peuselkos
'n Stukkie droëwors.

Die resep vir droëwors is soortgelyk aan die van boerewors, alhoewel vark- en kalfsvleis gewoonlik met beesvleis vervang word, omdat die vet van eersgenoemde kan bederf as dit gedroog word. Skaapderms vervang die varkderms wat in boerewors gebruik word. Ná die drogingsproses kan die droëwors in onverkoelde areas gestoor word.

Droëwors is ongewoon onder ander gedroogde vleise omdat dit vinnig in warm, droë toestande gedroog word in teenstelling met tradisionele Italiaanse ingelegde salami, wat stadig in relatief koue en vogtige toestande gedroog word. 'n Verdere verskil is dat droëwors nie ingelegmiddels, soos in tradisionele ingelegde wors, bevat nie. 'n Direkte gevolg hiervan is dat droëwors nie in vogtige toestande geberg kan word nie, omrede dit maklik muf.

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

BoereworsKoljanderSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OntwerpPerdBeëdigde verklaringKaapstadBesoedelingWerkwoordVoegwoordBeeldspraakDemokrasieEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaLys van politieke partye in Suid-AfrikaBosluisbytkoorsBakterieMantisMorfeemPapierWiskundige terminologieAgtervoegselFibonacci-reeksKangaroeWiki CommonsImpakte van toerismeHandelsmerkNadia ValvekensLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaRina HugoStaatstoelaeBoerboelOrtopedieCalviniaByung-Chul HanMensGalblaasOudtshoornKommaSwedeBalletGeskiedenis van kindermishandelingPersentasieGrondbesoedelingMisdaadSeksuele penetrasieDemi Lee MooreTafelbergOlimpiese SomerspelePlaattektoniekArmoedeVerlede tydResensieHoofpynGawes van die Heilige GeesAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeWaterbesoedelingRob HersovNG gemeente JansenvilleMagnetismeHolocaustNederduitse Gereformeerde KerkVerkragtingHernubare energieAtriale fibrillasieWes-KaapBlack SashKlereLandbouKrieketPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaOligopolieSkoolRoofvoëlGordelroosSteve BikoDistrik SesSuid-Afrikaanse InkomstediensHeidelberg, Gauteng🡆 More