Denis Matsuev

Denis Leonidovich Matsuev (/ma'tsujef/; Russies: Дени́с Леони́дович Мацу́ев; * 11 Junie 1975) is 'n Russiese pianis.

Hy is 'n klassieke pianis, maar speel ook van tyd tot tyd jazzmusiek.

Denis Matsuev
Денис Мацуев
Volkskunstenaar van Rusland
Denis Matsuev
Agtergrondinligting
Gebore11 Junie 1975 (1975-06-11) (48 jaar oud)
Irkoetsk, Russiese Sowjet Federale-Sosialistiese Republiek, Sowjetunie
GenresKlassieke musiek, jazzmusiek
Beroep(e)Pianis
EtiketteRCA Red Seal Records

Biografie

Hy is gebore in Irkoetsk, Rusland (destyds deel van die Sowjetunie), en is die enigste kind van twee musikante. Sy moeder is 'n klavieronderwyseres en sy vader 'n pianis en komponis. Hy het op 3-jarige ouderdom sy aanleg vir musiek getoon toe hy 'n melodie, wat hy op televisie gehoor het, by die huis op die klavier gespeel het. Sy vader het daarna sy eerste klavieronderwyser geword. Matsuev het tot op die ouderdom van vyftien musiek in Irkoetsk gestudeer. In 1990 het hy 'n prys tydens die "New Names Charitable Foundation"-kompetisie in Irkoetsk gewen en 'n studiebeurs ter waarde van $1 000 per maand van die stigting ontvang om musiek in Moskou te studeer. Hy het saam met ander jong begaafde musikante van regoor Rusland in Europa en die Verenigde State gaan toer.

In 1991 het Matsuev saam met sy ouers na Moskou verhuis om sy musikale opleiding voort te sit. Hy het gestudeer aan die Sentrale Musiekskool aan die Moskou Konservatorium. In 1994 het hy deelgeneem aan sy eerste internasionale klavierkompetisie in Johannesburg, Suid-Afrika, waar hy met die Grand Prix bekroon is. In dieselfde jaar het hy die Moskouse Konservatorium betree as student van Aleksey Nasedkin. Na 1997 het hy onder Sergei Dorensky gestudeer. Matsuev het die 11de internasionale Tsjaikofski-kompetisie in 1998 op 23-jarige ouderdom gewen.

Denis Matsuev 
'n Konsertsaal in Irkoetsk wat vernoem is na Matsuev, en wat dien as hoofkwartier van die "Stars on Baikal"-fees

Matsuev is artistieke mede-direkteur van die internasionale "Annecy Classic Festival" in Annecy, Frankryk, saam met Pascal Escande. Hy is ook die organiseerder en artistieke direkteur van twee internasionale feeste in Rusland: "Stars on Baikal" in sy geboortestad Irkoetsk, en die jaarlikse musiekfees "Crescendo".

In 2012 het Matsuev artistieke direkteur van die 1ste Internasionale "Astana Piano Passion"-fees en -kompetisie geword, en in 2013 was hy artistieke direkteur van die Internasionale Fees en kompetisie "Sberbank DEBUT" in Kiëf.

Denis Matsuev 
'n Jazzaand tydens die "Crescendo"-fees, 2018

Matsuev en 80 ander Russiese kunstenaars het 'n brief onderteken "ter ondersteuning van President Wladimir Poetin oor die Oekraïne en die Krimskiereiland."

In Februarie 2014 was Matsuev 'n vlamdraer tydens die Olimpiese Winterspele 2014 in Sotsji, hy het ook opgetree tydens die sluitingsseremonie.

In 2018 is die Russiese Orde van Eer aan Matsuev toegeken.

In 2022 is Matsuev se beplande optrede saam met die Weense Filharmoniese Orkes in New York van 25 Februarie 2022 gekanselleer, weens sy ondersteuning van Rusland se spesiale militêre operasie in die Oekraïne. Hy is vervang deur die pianis Seong-Jin Cho.

Pryse, titels en eerbewyse

Denis Matsuev 
Die Orde van Eer word in 2018 aan Matsuev toegeken deur President Wladimir Poetin.
  • UNESCO Ambassadeur
  • Orde van Eer, 2018
  • Russiese Nasionale Musiekprys - Beste Instrumentalis in Klassieke musiek, 2016, 2017, 2018, 2019; Spesiale prys vir Uitsonderlike Vaardighede, 2015

Diskografie

  • Haydn, Liszt, Tsjaikofski, Prokofiëf. © & (P) 1997 New Names.
  • Haydn, Chopin, Liszt, Rachmaninoff, Prokofiëf. © & (P) Vivendi, 1999.
  • Beethoven, Tsjaikofski, Liszt, Prokofiëf. Collection Etoiles. Regstreekse opname – Eglise Notre-Dame d'Auvers-sur-Oise, 27 Mei 2000.
  • Liszt: Mephisto Wals S.514, Schumann: Simfoniese Etudes Op. 13, Schubert: Klaviersonate No. 14 in A mineur D.784. Sacrambow (Japan), © & (P) 2000 JAPAN ARTS.
  • Classic Masterpieces. Boedapest Filharmoniese orkes. Dirigent Rico Saccani. Tsjaikofski – Klavierconcertos Nos. 1 & 2. Solis: Denis Matsuev. © & (P) 2003 Independent Music & Media Alliance LTD.
  • Tribute to Horowitz. Liszt, Bizet-Horowitz, Rossini-Ginzburg. (P) & © 2004 BMG Russia.
  • Strawinski – Vuurvoël Suite, Schedrin – Klavierconcerto No. 5. Mariss Jansons – Symphonieorchester des Bayerischen Rundfunks – © 2005 Sony BMG Music Entertainment
  • Strawinski & Tsjaikofski. I. Strawinski – Drie Bewegings uit Petroesjka; P. I. Tsjaikofski – Die Seisoene. RCA Red Seal. (P) & © 2005 Sony BMG Music Entertainment.
  • Tsjaikofski: Klavierconcerto No. 1 & Sjostakowitsj: Concerto vir Klavier, Trompet en Strykinstrumente. St Petersburg PO/Temirkanov. RCA Red Seal (P) & © 2007 Sony BMG Music Entertainment.
  • Unknown Rachmaninoff, 18 Maart 2008, RCA Red Seal.
  • The Carnegie Hall Concert – Denis Matsuev (20 Oktober 2009) RCA Red Seal.
  • Rachmaninoff Klavierconcerto No. 3, Rapsodie op 'n Tema van Paganini – Denis Matsuev, Gergijef en die Mariinsky Orkes (9 Februarie 2010)
  • Franz Liszt. Russiese Nasionale Orkes en Mikhail Pletnev. Sony Music Entertainment (Rusland), 2011.
  • Franz Liszt – Klavierconcertos nos. 1 & 2 Totentanz; Orpheus ; Héroïde funèbre. [New York]: Sony, 2011.
  • Sjostakowitsj, Dmitri, Waleri Gergijef, en Rodion Schedrin. Klavierconcertos nos. 1 & 2. Staatsakademie Mariinsky Teater, 2011.
  • Rachmaninoff Klavierconcerto No. 2; Gershwin: Rhapsody In Blue. Sony Bmg Music, 2013.
  • Szymanowski: Symphonieë Nos. 3 & 4, Stabat Mater. Londen Simfonieorkes, Waleri Gergijef (dirigent), Denis Matsuev (solis), Koor van die Londense Simfonieorkes (Orkes) Formaat: Oudio CD, 2013LSO Regstreekse opname
  • Tsjaikofski: Klavierconcertos Nos. 1 & 2 Denis Matsuev (solis), Mariinsky Orkes, Waleri Gergijef (dirigent), Pjotr Iljitsj Tsjaikofski (komponis), Formaat: Oudio CD, 2014 Mariinsky plate-etiket
  • Prokofiëf: Klavierconcerto No. 3, Simfonie No. 5 Denis Matsuev (solis), Mariinsky Orkes, Waleri Gergijef (dirigent), Sergei Prokofiëf (komponis), Formaat: Oudio CD, 2014 Mariinsky plate-etiket
  • Rachmaninoff klavierconcerto No. 1 (1917 weergawe), Strawinski, Capriccio vir Klavier en orkes (1929), Schedrin, Klavierconcerto No. 2 (1936) Denis Matsuev, klavier, die Mariinsky Orkes gedirigeer deur Waleri Gergijef. Mariinsky plate-etiket 2015.
  • Rachmaninoff Klavierconcerto No. 2, Prokofiëf, Klavierconcerto No. 2. CD, Mariinky plate-etiket Januarie 2018

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Denis Matsuev BiografieDenis Matsuev Pryse, titels en eerbewyseDenis Matsuev DiskografieDenis Matsuev VerwysingsDenis Matsuev Eksterne skakelsDenis Matsuev11 Junie1975JazzRusseRussies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ByHartaanvalVingerseksPatriotKolonoskopieInterlingueIndies-Pakistanse Oorlog van 1965MediaWikiFrederik Willem de KlerkDierewelsynNarsistiese persoonlikheidsteuringMensBostonKlimaatJacques LootsSlag van die Goue SporeHermie HendriksStellenboschPousHoofpynKolorektale kankerGesinsdagKen StarrLys van slange2018 Brasiliaanse Grand Prix7de LaanSteenkool in Suid-AfrikaJeuksiekteNew OrleansKroonprinses van DenemarkeBaskelandWoestynSowjetunieSwahiliBelarusSalomoBloedplaatjieWhitey Basson1892WaterMillennium-stadionVoortrekkermonumentVlag van die Verenigde KoninkrykSally EsterhuizenAnale seksWiskundige terminologieThabo MbekiMusiekSelfoonRigtersJohannesburgRugbywêreldbeker 2003Krieketwêreldbeker 1983BloedvergiftigingEjakulasieKunsVulvaNoord-KoreaVermaakKragonderbreking van 2003 in Noordoos-AmerikaAbstraksie (rekenaarwetenskap)PinksterSkildklierVerenigde State van AmerikaMotorvoertuigSelfieDigvormKnieStefans GrovéTropiese sikloonAllan BoesakKnopiespinnekopPikkewynSkilpadSannie Uys (skrywer)🡆 More