Christopher Hitchens

Christopher Eric Hitchens (13 April 1949 – 15 Desember 2011) was 'n Brits-Amerikaanse outeur, polemikus, debatvoerder en joernalis.

Hitchens skryf vir New Statesman, The Nation, The Atlantic, The London Review of Books, The Times Literary Supplement, en Vanity Fair. Hy was outeur, mede-outeur, redigeerder, en mederedigeerder van meer as dertig boeke, waarvan vyf essayversamelings, en fokus op 'n reeks onderwerpe, waaronder politiek, letterkunde, en religie. Hy was 'n gewilde gas op kletsprogramme en by lesingskringe, en sy konfronterende debatstyl maak van hom terselfteryd 'n geprysde en omstrede figuur. Hy was bekend vir sy teendraadse stand op 'n aantal kwessies en reken vel af met openbare figure soos Moeder Teresa, Bill Clinton, Henry Kissinger, Prinses Diana, en Joseph Ratzinger. Christopher was die ouer broer van outeur Peter Hitchens.

Christopher Hitchens
Christopher Hitchens
Christopher Hitchens praat by The Amaz!ng Meeting in die Riviera Hotel, Las Vegas, Nevada (VSA)
Gebore13 April 1949
Waterlooville, Hampshire (Engeland)
Sterf15 Desember 2011 (op 62)
Houston, Texas (VSA)
NasionaliteitBrits (by geboorte), Amerikaans
BeroepJoernalis, outeur
EggenootEleni Meleagrou (1981–1989; egskeiding)
Carol Blue (1991–2011; sy afsterwe)
GeloofGeen (ateïs)
Handtekening
Christopher Hitchens

Hy beskryf hom lank reeds as 'n sosiaaldemokraat, maar begin weg van die gevestigde linkse politiek te breek ná wat hy beskryf as die "flou reaksie" van die Weste se linkses op die Rushdie-affêre, gevolg deur die linkses se aanvaarding van Bill Clinton, en die teenoorlogbeweging se teenstand tot ingryping in Bosnië-Herzegowina. Alhoewel Hitchens sy skrywerspos by The Nation nie tot ná die terrorismeaanvalle van 11 September 2001 verlaat nie, voel hy dat die tydskrif die posisie bereik "dat John Ashcroft 'n groter bedreiging as Osama bin Laden" is. Die gebeure van die 11de September 2001 "wend hom op", bring "n stryd tussen alles wat ek lief het en alles wat ek haat" binne fokus, en versterk sy aanvaarding van 'n intervensionistiese buitelandse beleid wat "fascisme met 'n Islamitiese aangesig" uitdaag. Sy menige hoofartikels ter ondersteuning van die Irakoorlog lei daartoe dat sommiges hom as 'n neokonserwatiewe bestempel, alhoewel Hitchens daarop aandring dat hy nie "'n konserwatiewe van enige aard" was nie. Sy vriend Ian McEwan beskryf hom as 'n verteenwoordiger van die antitotalitaristiese linkses. Tydens 'n onderhoud met die BBC in 2010 vermeld hy inderdaad dat hy "steeds 'n Marxis" was.

Hitchens was 'n vernaamde kritikus van religie en 'n antiteïs, en sê dat 'n persoon "'n ateïs kan wees en wens dat geloof in god korrek is", maar dat "'n antiteïs, 'n term wat ek in sirkulasie probeer bring, iemand is wat verlig is dat daar geen bewyse vir só 'n bewering is nie". Volgens Hitchens is die konsep van 'n god of opperwese 'n totalitaristiese oortuiging wat indiwiduele vryheid vernietig, en vrye uitdrukking en wetenskaplike ontdekking moet religie vervang as 'n wyse waarop etiek geleer word en menslike beskawing gedefinieer word. Sy antireligieuse polemiek en New York Times-topverkoper, God is not Great – How Religion Poisons Everything ("God is nie groot nie – hoe religie alles vergiftig"), verkoop meer as 500 000 eksemplare.

Hitchens sterf op 15 Desember 2011 aan komplikasies weens slukdermkanker, 'n siekte wat hy toegee tien-teen-een te wyte was aan sy lewenslange voorkeur vir hewig rook en drink.

Boeke

  • 1984 Cyprus. Quartet. Hersiene weergawe uitgegee as Hostage to History: Cyprus from the Ottomans to Kissinger, 1989 (Farrar, Straus & Giroux) en 1997 (Verso)
  • 1988 Blaming the Victims: Spurious Scholarship and the Palestinian Question (bydraer; mederedigeerder met Edward Said) Verso, ISBN 0-86091-887-4 Heruitgegee, 2001
  • 1990 The Monarchy, Chatto & Windus Ltd
  • 1990 Blood, Class and Nostalgia: Anglo-American Ironies, Farrar Straus & Giroux (T) (Junie 1990)
  • 1993 "For The Sake Of Argument" Verso
  • 1995 The Missionary Position: Mother Teresa in Theory and Practice, Verso
  • 1997 The Parthenon Marbles: The Case for Reunification, Verso
  • 1999 No One Left to Lie To: The Values of the Worst Family, Verso
  • 2000 Unacknowledged Legislation: Writers in the Public Sphere, Verso
  • 2001 The Trial of Henry Kissinger. Verso.
  • 2001 Letters to a Young Contrarian, Basic Books
  • 2002 Why Orwell Matters, ook Orwell's Victory, Basic Books, ISBN 0-465-03050-5
  • 2004 Love, Poverty, and War: Journeys and Essays, Thunder's Mouth, Nation Books, ISBN 1-56025-580-3
  • 2005 Thomas Jefferson: Author of America, Eminent Lives/Atlas Books/HarperCollins Publishers, ISBN 0-06-059896-4
  • 2007 "Thomas Paine's Rights of Man: A Biography ", Atlantic Monthly Press, ISBN 0-87113-955-3
  • 2007 The Portable Atheist: Essential Readings for the Non-Believer, [Redigeerder] Perseus Publishing. ISBN 978-0-306-81608-6
  • 2007 God is not Great: How Religion Poisons Everything, Twelve/Hachette Book Group USA/Warner Books, ISBN 0-446-57980-7 / Uitgegee in die VK as God is not Great: The Case Against Religion, Atlantic Books, ISBN 978-1-84354-586-6
  • 2008 Christopher Hitchens and His Critics: Terror, Iraq and the Left (met Simon Cottee en Thomas Cushman), New York University Press
  • 2008 Is Christianity Good for the World?—A Debate (mede-outeur, met Douglas Wilson), Canon Press, ISBN 1-59128-053-2
  • 2010 Hitch-22: A Memoir, Twelve, ISBN 978-0-446-54033-9
  • 2011 Arguably: Essays by Christopher Hitchens, Twelve. Uitgegee in die VK as Arguably: Selected Prose, Atlantic, ISBN 1-4555-0277-4 / ISBN 978-1-4555-0277-6
  • 2012 Mortality, Twelve, ISBN 1-4555-0275-8 / ISBN 978-1-4555-0275-2. Uitgegee in die VK as Mortality, Atlantic Books, ISBN 1-84887-921-0 / ISBN 978-1-84887-921-8

Verwysings

Eksterne skakels

    Artikels deur Hitchens

Tags:

Bill ClintonHenry KissingerJoseph RatzingerMoeder TeresaPrinses Diana

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

XhosaLeonardo da VinciVerkleinwoordItaliëNamibiëOmgewingskwessies in Suider-AfrikaAnrich HerbstMenstruasieDurbanTrekarbeidGewasboerdery in Suid-AfrikaKoringKommunikasieNag van die lang messeVierde Industriële RevolusieBeesGevolge van aardverwarming op oseaneSoweto-opstandNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAanhalingstekensAlkoholismeWet op Afsonderlike GerieweWikimedia-stigtingRamsar-vleilande in Suid-AfrikaJan van RiebeeckKarlien van JaarsveldHuisvliegKaapse VlakteAfrikaanse naguilRooikatPussy RiotSonenergieVlekvrye staalSonkragNatriumKaren WesselsTuisbladTolla van der MerweLenteInfeksieDroomTweede WêreldoorlogKoperAvbobSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Cristiano RonaldoKlem-in-die-kaakGriepAnale seksProvinsies van Suid-AfrikaAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidMikroskoopLugbesoedelingAarverkalkingBateAfrikaanse WikipediaToekoms van die AardePoesDoziBreinSuid-Afrikaanse randOligopolieLiesbreukMaselsTierOnderhandelinge om apartheid te beëindigJan van HunksWaterstofKonsentrasiekampDwelmmiddelSpecial Air ServiceSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureApartheidKwaZulu🡆 More