Carlton-Sentrum

Die Carlton-sentrum is 'n 50-verdieping hoë wolkekrabber in Johannesburg, Suid-Afrika.

Met 'n hoogte van 223 meter is dit een van die hoogste wolkekrabbers in die Suidelike Halfrond en die tweede hoogste in Afrika na die Leonardo. Naas die Hillbrow-toring en die Sentech-toring is dit Suid-Afrika se derde hoogste gebou. Die sentrum, wat deur die Amerikaanse argitekte-ateljee Skidmore, Owings and Merrill in die brutalistiese styl ontwerp is, is in 1973 deur Murray & Roberts voltooi en was destyds die hoogste gebou in die Suidelike Halfrond.

Carlton-Sentrum
Die Carlton-sentrum in Commisionerstraat 150, Johannesburg
Carlton-Sentrum
Die binnestad van Johannesburg, soos vanaf die Carlton-sentrum gesien

Hierdie kantoorgebou het 23 hysbakke en bied 'n totale oppervlakte van 68 055 vierkante meter. 'n Ondergrondse winkelsentrum met meer as 180 winkels verbind die gebou met die Carlton Hotel, wat op 1 Oktober 1972 amptelik geopen en ná 'n kwarteeu, in 1997, weens veiligheidsredes gesluit is, maar intussen ook nie meer aan die vereistes vir 'n moderne luukse hotel sou voldoen nie. So word sy kamers as te klein beskou.

Geskiedenis

Die Carlton-sentrum is deur die Amerikaanse argiteksfirma Skidmore, Owings and Merrill LLP (SOM) in Chicago in samewerking met die Johannesburgse praktyk W. Rhodes - Harrison Hoffe & Partners ontwerp. Anglo American Properties het in die laat 1960's met konstruksie begin deur die ou Carlton Hotel te sloop en strate daarheen af te sper. Uitgrawings vir die gebou het in Januarie 1967 begin en is twee jaar later voltooi. Hoewel die sentrum vanaf 1971 beset is, is die konstruksie eers in 1974 voltooi. Die gebou is amptelik in 1973 teen 'n totale koste van meer as R88 miljoen geopen.

Die gebou dien as die hoofkantoor van Transnet, wat dit in 1999 teen 'n skrale R33 miljoen van Anglo American Properties gekoop het. In Junie 2007 het Transnet se uitvoerende hoof aangekondig dat die maatskappy die eiendom wil verkoop. Met die ekonomiese afswaai wat in 2008 begin het, is aangekondig dat hulle nie 'n koper sal soek voordat die markte herstel het nie.

Alhoewel Transnet nie die vervangingskoste van die gebou verskaf het nie, word dit op R1,5 miljard geraam.

Verwysings

Eksterne skakels

28°2′48″O / 26.20556°S 28.04667°O / -26.20556; 28.04667

Tags:

AfrikaBrutalismeDie Leonardo (Sandton)GebouHillbrow-toringJohannesburgSentech-toringSuid-AfrikaSuidelike HalfrondVerenigde State van AmerikaWolkekrabber

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Groot TrekVaginale kankerEmfiseemTamatiePornhubAfrikaanse woordelys en spelreëlsSuikersiekteHadedaHulpwerkwoordLuiperdAsemhalingMetafoorProstaatkankerEkonomieBeesvleisLionel MessiMiskruierEkonomiese sektorBoelieryEk is 'n Afrikaan (toespraak)NatuurbewaringLugbesoedelingGroot DepressieVryheidsdagVulvaKolitisPaasfeesSimboolBeesBloemfonteinFiela se kindSout (chemiese stof)AardeWaterkringloopBedreigde spesieMeningsverskil oor aardverwarmingWayde van NiekerkSteenkool in Suid-AfrikaEksponentVreesWêreld- Ekonomiese ForumBTWWortelTienerStaatstoelaeOntwerpRoofvoëlSekondêre sektor van die ekonomieTropiese sikloonSuurreënViëtnamoorlogTegnologieVenda (taal)ReënspinnekopRivierEerste WêreldoorlogRefleksieVakbondKlimaatsverandering in AfrikaVormBestaansboerderyPoesDie ontstaan van die dramaAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePad na jou hartProteïenBateGewone breukeHernubare energieWolfKrokodilYsterHector PietersonSonnetNG gemeente JansenvilleConsolidated B-24 Liberator🡆 More