Canal Grande

Die Canal Grande (Italiaanse uitspraak: ; Venesiaans: Canal Grando of Canalazzo, vroeër Canałasso ) is 'n kanaal in Venesië, Italië wat as die stad se hoofwaterweg en -lewensaar dien.

Die S-vormige kanaal, wat deur Venesië se sentrale historiese distrikte (sestieri) loop, het 'n lengte van byna vier kilometer, is tussen 30 en 70 meter wyd en het 'n diepte van maksimaal vyf meter. Na sy eerste kronkel word verwys as Volta di Canal.

Canal Grande
'n Lugaansig van die Canal Grande
Canal Grande
Rialtobrug
Canal Grande
Ponte dell'Accademia

Die Canal Grande vorm die laaste gedeelte van die Brenta-rivierloop sodat daar in teenstelling met Venesië se ander kanale 'n bestendige watervloei is. In die noorde mond die kanaal naby die Santa Lucia-spoorwegstasie in die Venesiaanse strandmeer uit, in die suide - naby San Marco - in die Venesiaanse bekken. 45 kleiner kanale, rii genoem, mond in die Canal Grande uit.

Die Canal Grande is tot die middel van die 19de eeu deur 'n enkele brug, die Rialtobrug, oorspan. In 1933 is die houtbrug Ponte dell'Accademia gebou, een jaar later die steenboogbrug Ponte degli Scalzi (Ponte dei Scalsi in Venesiaans; "Brug van die Kaalvoetmonnike") wat 'n vroeëre Oostenrykse ysterbrug vervang het.

Tags:

ItaliaansItaliëKanaalVenesiaansVenesië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Piet ByleveldCMetaalSpringbokOntwerpBybelWhat is A Dscr Loan?SkildklierTransgenderSelfoonAfkortingKijifEdward Higgins WhiteVangueriopsisLys van Griekse mitologiese figureSpringbokkeDepressie (gemoedstoestand)HangbrugMusieksimbolePofadder (slang)BywoordSuiderkruisSeksposisieMensGezina, PretoriaKatastrofiese bewegingNierversakingMotorErdwurmGetalLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaHannes van WykGeskiedenis van AfrikaMenslikepapilloomvirus-infeksieFokker F27 FriendshipMieliestronkRussiesLesbiërRussiese inval in Oekraïne, 2022PokerSkipTrappe van vergelykingEb-3 visaSelfbeeldPeter MamakosBisAfrikaanse taalleerPerineumStaalTelegrafieAsteroïdeLikkewaanSid JordanProstitusieErfenisVerkleinwoordGqeberhaBBeroerteMuskeljaatkatNairobiAfrikaanse Protestantse KerkNaaktheidGeskiedenis van die BoererepubliekeStudievaardighedeVachellia tenuispinaKwaggaWoordsoortPornografiese akteurMarie PentzFernando AlonsoStereotipeVrouEkonomie van Suid-AfrikaWestdenedam-ramp🡆 More