Burgerlike Verbintenis

'n Burgerlike verbintenis is 'n verbintenis tussen twee mense van dieselfde geslag, wat min of meer gelykstaan aan 'n huwelik.

Denemarke was in 1989 die eerste in 'n reeks ontwikkelde lande wat aan 'n vennootskap tussen twee mense van dieselfde geslag dieselfde regte, voordele en verantwoordelikhede verleen het soos aan 'n vennootskap tussen 'n man en 'n vrou. In sommige regsgebiede soos Quebec en Nieu-Seeland kan ook mense van verskillende geslag 'n burgerlike verbintenis sluit.

Burgerlike Verbintenis
Twee vroue trou in April 2007 op Langebaan, Suid-Afrika
Burgerlike Verbintenis

   Huwelik as instelling staan oop vir pare van dieselfde geslag

   Selfdegeslaghuwelike word in bepaalde omstandighede erken of voltrek

   Hooggeregshof of konstitusionele hof het uitsprake ten gunste van selfdegeslaghuwelike gelewer, al is hulle nog nie amptelik as instelling ingevoer nie

   Burgerlike verbintenisse

   Ongeregistreerde saamlewing

   Selfdegeslaghuwelike word nie amptelik erken nie

Burgerlike Verbintenis
Vergelyking van rasseskeiding tussen blankes en swartes met die skeiding van heteroseksuele en homoseksuele deur huwelik en burgerlike verbintenis
Burgerlike Verbintenis

   Geen grondwetlike verbod op selfdegeslaghuwelike of verbintenisse nie

   Grondwetlike verbod op selfdegeslaghuwelike

   Grondwet stel Islamitiese wetgewing in of verbied skendings van Moslem-moraliteit (strepe: net vir Moslems)

LGBT-regte

Burgerlike Verbintenis

Burgerlike verbintenis

Gayregte in Irak

Verklaring van Montréal

Zoliswa Nkonyana

Burgerlike Verbintenis

Die regsterme, wat na huwelike of verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag verwys, is nog nie gestandaardiseer nie en varieer in die verskillende lande wat die verbintenis reeds ingevoer het. Regsterme soos burgerlike vennootskap, geregistreerde vennootskap, huislike vennootskap, betekenisvolle vennootskap, wedersydse voordelige vennootskap, "lewensvennootskap" (Duitsland), "vaste vennootskap" (Andorra), "burgerlike solidariteitsooreenkoms" (Frankryk) is tans gebruiklik. Ook die presiese omvang van regte en voordele verskil van land tot land.

Die meeste lande wat burgerlike verbintenisse reeds ingevoer het, erken ook vennootskappe wat in die buiteland gesluit is, mits hulle ekwivalent met hulle eie wetgewing is. In die Verenigde Koninkryk, waar burgerlike verbintenisse grootliks ooreenkom met huwelike, word ekwivalente verbintenisse in die Civil Partnership Act Schedule 20 gelys.

In die Verenigde State behels die regsterm burgerlike verbintenis 'n regstatus wat soortgelyk is aan dié van 'n huwelik. Huislike venootskappe, wat deur 'n aantal deelstate en munisipaliteite moontlik gemaak is, behels egter soms 'n afwykende regstatus met minder regte en voordele.

Die eerste burgerlike verbintenisse in die Verenigde State is in die jaar 2000 deur die deelstaat Vermont moontlik gemaak. Volgens die Verenigde State se Wet op die verdediging van die huwelik (U.S. Defense of Marriage Act, DOMA) van die jaar 1996 is ook ander deelstate nie verplig om hierdie verbintenisse te erken nie.

Teen die einde van 2006 het ook die deelstate Connecticut en New Jersey burgerlike verbintenisse ingevoer. Vyf ander deelstate en die Distrik van Columbia het hierdie voorbeeld gevolg. In Februarie 2012 was Maryland die eerste deelstaat suid van die sogenaamde Mason-Dixon-linie waar wetgewing oor burgerlike verbintenisse deur die senaat goedgekeur is. Daarnaas het ook die deelstaat Kalifornië sy wet oor huislike vennootskappe op 'n manier uitgebrei waar dit goed vergelyk met wette oor burgerlike verbintenisse. Dieselfde geld vir huislike vennootskappe in Maine.

Sedert 2005 bied Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk landswyd burgerlike verbintenisse aan, wat min of meer gelykstaan aan huwelike, alhoewel hulle in die Verenigde Koninkryk amptelik burgerlike vennootskappe genoem word. In Februarie 2024 het slegs 36 lande (Andorra (2023), Australië (2017), Argentinië (2010), België (2003), Brasilië (2013), Chili (2022), Colombia (2016), Costa Rica (2020), Denemarke (2012), Duitsland (2017), Ecuador (2019), Estland (2024), Finland (2017), Frankryk (2013), Griekeland (2024), Ierland (2015), Kanada (2005), Kuba (2022), Luxemburg (2015), Malta (2017), Meksiko (2022), Nederland (2001), Nieu-Seeland (2013), Noorweë (2009), Oostenryk (2019), Portugal (2010), Slowenië (2022), Spanje (2005), Suid-Afrika (2006), Swede (2009), Switserland (2022), Taiwan (2019), Uruguay (2013), die Verenigde Koninkryk (2014), die Verenigde State (2015) en Ysland (2010) huwelike met alle regte en voordele aan mense van dieselfde geslag aangebied.

Burgerlike verbintenisse word dikwels gekritiseer vanweë hulle afwykende regstatus, wat nie aan huwelike gelykstaan nie ("huweliksapartheid").

Verwysings

Eksterne skakels

  • (en) "Civil union". Encyclopædia Britannica. Besoek op 22 Februarie 2024.

Tags:

1989DenemarkeGeslagHuwelikNieu-SeelandQuebec

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SomerGalileo GalileiSteve BikoLabia (geslagsdele)TemperatuurShanzhaiUnited Democratic FrontGroot GatBynierMielieKamoefleringRymRookgewoonteBruto binnelandse produkStereotipeNederduitse Gereformeerde KerkProvinsies van Suid-AfrikaRooibloedselSwangerskapSeksualiteitKunselementeAlliterasieAardverwarmingSanskritFrankrykOrthopteraAfrikaanse woordelys en spelreëlsSiya KolisiOlimpiese SomerspeleGeweldPotchefstroomKarakteriseringApartheidEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaMaroela MediaEkonomiese sektorNazi-DuitslandBrongitisLys van NG gemeentesLidwoordSonnestelselWapen van Suid-AfrikaMenslike seksuele gedragBiodiversiteitAfrikaanse Taalmonument (Welkom)KweekhuisgasTrevor NasserWhatsAppNasionalismeVergelykings (taalkunde)SterTsoenamiPeriodieke tabelOnse VaderSteenkool in Suid-AfrikaVerkragtingPornografiese akteurTandbederfHartaanvalSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Ekonomiese kwessies in Suid-AfrikaSekondêre sektor van die ekonomieOntbossingKommaUniversele Verklaring van MenseregtePussy RiotSjimpanseeHamburgerEiffeltoringMeningsverskil oor aardverwarmingBTWJode in Suid-AfrikaSwemLetterkundeKapitaal (ekonomie)🡆 More