Bajezid I (Ottomaanse Turks: بايزيد اول, moderne Turks: I.Bayezid, Serwies: Бајазит; 1360 – 8 Maart 1403), ook genoem die Weerligstraal, was van 1389 tot 1402 sultan van die Ottomaanse Ryk.
Hy was die seun van Murat I en het hom opgevolg nadat hy in 1389 in die Slag van Kosowo dood is.
Bajezid I | |
---|---|
Sultan van die Ottomaanse Ryk | |
Volle naam | Sultan Bajezid I Yıldırım |
Ottomaanse naam | بايزيد اول |
Tydperk | 1389–1402 |
Stadium | Opgang van die Ottomaanse Ryk |
Huis | Osman |
Voorganger | Murat I |
Opvolger | Tussenregering |
Toegra |
Met die Turkse oorwinning in dié slag het Serwië ’n afhanklike staat van die Ottomaanse Ryk geword. ’n Jaar later is Bajezid getroud met prinses Olivera Despina, die dogter van Lazar van Serwië, wat ook in die slag dood is.
In 1394 het Bajezid Konstantinopel, die hoofstad van die Bisantynse Ryk, beleër. Die Anadoluhisarı-fort (Fort van Asië) is tussen 1393 en 1394 gebou as deel van die voorbereiding vir die tweede beleg van Konstantinopel deur die Turke in 1395. Op aandrang van die Bisantynse keiser Johannes V Paleologus is ’n nuwe kruistog gereël om hom te verslaan. Dit het egter nie geslaag nie; in 1396 is hulle verslaan.
Die beleg van Konstantinopel het daarna voortgeduur, tot in 1401. Daarna het die Bisantyne ’n blaaskans gekry toe Bajezid teen die Timoeriede in die ooste geveg het.
In 1400 het die Sentraal-Asiatiese krygsheer Timoer Lenk die afhanklike state van die Ottomaanse Ryk opgesteek in ’n aanval teen Bajezid.
In die Slag van Ankara op 20 Julie 1402 het Timoer vir Bajezid gevange geneem. Sy seuns het egter ontsnap en sou later ’n burgeroorlog begin. Volgens sekere moderne bronne het Timur Bajezid in ’n goue hok in kettings aangehou as ’n trofee.
’n Jaar later het Bajezid selfmoord gepleeg – óf deur sy kop teen die tralies van sy hok te stamp óf deur gif te drink wat in sy ring versteek was.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bajezid I, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.