Ares

Ares (Grieks: Άρης) is in die Griekse mitologie ’n seun van Zeus en Hera.

Hy is een van die twaalf Olimpiese gode wat op die berg Olimpus gewoon het. Hoewel hy bekend is as die god van oorlog, word hy eerder verbind met onvoorspelbare geweld.

Ares
Griekse Olimpiese god
Standbeeld van Ares by Hadrianus se Villa
Standbeeld van Ares by Hadrianus se Villa
Naam Ares
God van oorlog en bloedvergieting
Blyplek Thrasië en die berg Olimpus
Simbool Aasvoël, brandende fakkel, spies
Ouers Zeus en Hera
Broers, susters Hebe, Hefaistos, Eris en Eileitia
Kinders Ixion, Testius, Pulus, Eurution, Spartoí, Otrera, Thrax, Mugdon, Molus, Biston, Melanippe, Askalafos, Alkippe, Oenomaus, Evenus, Pentesilea, Antiope, Hippolute, Tereus, Diomedes, Flegias, Signus, Eros, Harmonia, Deimos, Fobos, Adrestia, Anteros, Himeros
Romeinse eweknie Mars

Etimologie

Ares is die god van oorlog. Die etimologie van sy naam word tradisioneel verbind met die Griekse woord ἀρή (are): "verderf, vloek, ruïne, verwensing". Daar kan dalk ook ’n verband wees met die naam van die Romeinse god Mars via die Proto-Indo-Europese M̥rēs; vergelyk die Antieke Griekse woord μάρναμαι (marnamai), "om te veg, om oorlog te maak", of Hindi marna, "om dood te maak".

Identiteit en karakter

Ares is onder die Hellene die meeste wantrou. Hoewel sy halfsuster Atena ook ’n oorloggod was, was haar terrein eerder strategiese oorlogvoering, terwyl Ares verbind is met onvoorspelbare geweld. Atena en Ares was vyande. Hy is ver weg gebore, tussen die oorloglustige en barbaarse mense van Thrasië, waarheen hy teruggekeer het nadat sy verhouding met Afrodite aan die lig gekom het.

Simbole

Ares ry ’n vierperdewa – ’n strydwa wat deur vier onsterflike, vuurspuwende hingste met goue tome (Ilias v.352) getrek word. Hy kan tussen die gode uitgeken word aan sy bronswapenrusting; in gevegte hou hy ’n spies vas. Sy heilige voëls is die houtkapper, die ooruil en, veral in die suide, die aasvoël. In Sparta is die chtoniese nagtelike offerandes van ’n hond aan Enialios opgeneem in die kultus van Ares. ’n Offerande kan aan hom gebring word op die vooraand van ’n geveg om sy guns te wen.

In die Ilias (v.890ff) maak Ares oorlog en toe hy gewond word, keer hy terug na Zeus, wat hom gesond maak, maar met kwaai woorde. Daarna gaan Ares reguit terug om te gaan veg met ’n skild in die hand.

Minnaresse en kinders

’n Seun van Ares, Kuknos (Κύκνος) van Masedonië, word genoem wat so moorddadig was dat hy ’n tempel probeer bou het met die kopbene en beendere van reisigers. Herakles het dié monster doodgemaak en hom so die wraak van Ares op die hals gehaal, maar hy is deur Herakles verwond.

Ares was ook die minnaar van die godin Afrodite. Uit hul verhouding is die minder belangrike gode Eros, Anteros, Fobos, Deimos, Harmonia en Adrestia gebore. Terwyl Eros en Anteros meer by hul ma betrokke was, het Adrestia graag haar pa nagedoen en hom dikwels vergesel oorlog toe.

Ares het Poseidon eenkeer kwaad gemaak deur sy seun Halirrotios dood te maak nadat hy ’n ander dogter van die god van oorlog, Alkippe, beledig het. Poseidon het Ares voor ’n regbank van die Olimpiese gode gedaag wat op ’n heuwel in Athene gehou is. Ares is onskuldig bevind en hierdie voorval het volgens oorlewering aanleiding gegee tot die naam Areopagos (of Heuwel van Ares), wat later beroemd geword het as ’n geregshof.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Ares EtimologieAres Identiteit en karakterAres SimboleAres Minnaresse en kindersAres VerwysingsAres Eksterne skakelsAresGrieksGriekse mitologieHeraOlimpiese godeOlimpusZeus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VaginaHomofoonIsraelKriekWiki CommonsHeks van HexrivierGrondbesoedelingDagboekLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsLika BerningToestand van materieJan van TonderSwart menseSwart nasionalismeKatherine JohnsonMigrasie van diereNasionale VrouedagPersentasieMenstruasieMickey MuisLyfstraf in skoleKaapstadse waterkrisis 2015-2018NasiebouLongAustraliëKontinentKlereKewerFrankrykAfleiding (taalkunde)InternetOntdekking van die chemiese elementeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLeierskapKarnivoorWaterpokkiesWerkloosheidAnneli van RooyenAtoomKultuurBesproeiingAfrikaanse Taalmonument (Welkom)ShakaBeaufortskaalBTWWinnie Madikizela-MandelaSendelingposisieOlimpiese SpeleGriekwa-AfrikaansDroogteNederlandsProvinsies van Suid-AfrikaNatuurrampRomeinse RykKomplementêre kleureRina HugoTrevor NasserCristiano RonaldoKankerSuid-Afrikaanse InkomstediensGewone breukeSuid-EuropaPersoonlike voornaamwoordWêreld- Ekonomiese ForumLetsiteleKrugerwildtuinSeisoenVoedingCheslin KolbeHulpwerkwoordVersoeningsdagAluminiumWatersuiweringBynierRuimtePriemgetalTandbederfAardverwarming🡆 More