Area 51: Geklassifiseerde Amerikaanse militêre basis geleë in Groom Lake, Nevada

Die Amerikaanse Lugmag se fasiliteit algemeen bekend as Area 51 is 'n afgeleë afdeling van die Edwards Lugmagbasis, in die Nevada Toets- en Opleidingsterrein.

Volgens die Sentrale Intelligensie-agentskap (CIA), is die korrekte name vir die fasiliteit "Homey Lughawe" (ICAO: KXTA) en "Groom Lake", alhoewel die naam Area 51 wel gebruik is in 'n CIA-dokument tydens die Viëtnamoorlog. Ander byname wat vir die fasiliteit gebruik word, is "Dreamland", "Paradise Ranch", "Home Base" en "Watertown". Die spesialegebruikslugruim om die veld word na verwys as 'n beperkte gebied 4808 North (R-4808N).

Homey Airport
Area 51: Geklassifiseerde Amerikaanse militêre basis geleë in Groom Lake, Nevada
Satellietbeeld van Area 51
IATA: geenICAO: KXTA
Opsomming
Tipe lughawe Militêr
Eienaar/Operateur Regering van die VSA
Ligging Suidelike Nevada, VSA
Hoogte bo seevlak 4 462 vt / 1 360 m

Die basis se huidige primêre doel is in die openbaar onbekend; maar gebaseer op historiese bewyse, ondersteun dit waarskynlik die ontwikkeling en toetsing van eksperimentele vliegtuie en wapenstelsels. Die intense geheimhouding rondom die basis het dit die gereelde onderwerp van samesweringsteorieë en 'n sentrale komponent vir Vreemde vlieënde voorwerpe (VVVs) in die volksmond gemaak. Hoewel die basis nooit as 'n geheime basis verklaar is nie, word alle navorsing en gebeure in Area 51 as hoogsgeheim (Top Secret/Sensitive Compartmented Information (TS/SCI)) geklassifiseer. In Julie 2013, na aanleiding van 'n "Freedom of Information Act"-versoek in 2005 gerig, het die CIA die bestaan van die basis vir die eerste keer in die openbaar bevestig, en dokumente waarin die geskiedenis en doel van Area 51 beskryf word, vrygestel (gedeklassifiseer).

Area 51 is geleë in die suidelike gedeelte van Nevada in die weste van die Verenigde State van Amerika, 134 km (83 myl) noord-noordwes van Las Vegas. Geleë in sy sentrum, op die suidelike oewer van Groom Lake, is 'n groot militêre vliegveld. Die perseel is in 1955 deur die VS Lugmag verkry, hoofsaaklik vir die toets van die Lockheed U-2 spioenasievliegtuie.

Die gebied rondom Area 51, insluitend die klein dorpie Rachel op die gepaste naam "Extraterrestrial Highway", is 'n gewilde toeristebestemming.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

115°48′0″W / 37.25000°N 115.80000°W / 37.25000; -115.80000

Tags:

Amerikaanse LugmagCIAICAOViëtnamoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HaaieOlimpiese SpeleLeierKolorektale kankerMusieksimboleKersfeesWaterGesonde dieetBreedtegraadGenitale vratAfkortingReënspinnekopNatriumtiosulfaatSosiale mediaJohannesburgLetsiteleBestaansboerderyKarpaletonnelsindroomN.P. van Wyk LouwPolisieBesnydenisProvinsies van Suid-AfrikaSeksualiteitTelwoordVerkleinwoordDemokrasieLys van medisinale kruieSeisoenTsongaWoordsoortBTWIndustriële RevolusieNasionale VrouedagDokterMaagsweerVerkoueWortelNeurenberg-verhoreArmoedeLys van bekende Suid-AfrikanersLeeuAppelOnderhandelinge om apartheid te beëindigLys van nedersettings in Suid-AfrikaPlastiekConsolidated B-24 LiberatorDuitse maselsHemelvaartsdagLetterlike en figuurlike taalgebruikOsoonlaagBaljuAdolf HitlerOogproblemeAtleetvoetSanskritTikTokByAntjie KrogVergelykings (taalkunde)Nazi-DuitslandGautengRooibloedselOorkruipersKolonialismeNasiebouMonopolieEkologieMieliestronkVerlede tydTropiese sikloonNederlandsBosvarkHerpes simplexOnderwysPornografiese akteurNarsistiese persoonlikheidsteuring🡆 More