Antarktiese Sirkel

Die Antarktiese Sirkel is die suidelikste van die vyf groot breedtegraadsirkels soos aangedui op kaarte van die Aarde.

Die streek suid van hierdie sirkel is bekend as Antarktika en die gebied net noord daarvan as die Suidelike Gematigde Sone. Suid van die Antarktiese Sirkel is die son minstens een keer per jaar 24 aaneenlopende ure bo die horison (en dus sigbaar om middernag) en minstens een keer per jaar 24 aaneenlopende ure ten minste gedeeltelik onder die horison (en dus nie in die dag ten volle sigbaar nie); dit geld ook vir die ekwivalente poolsirkel in die Noordelike Halfrond, die Arktiese Sirkel.

Antarktiese Sirkel
Kaart van Antarktika met die Antarktiese Sirkel in blou

Die Antarktiese Sirkel het nie ’n vaste posisie nie; van 10 September 2018 af loop dit 66°33'47.3" suid van die ewenaar. Sy breedtegraad hang af van die Aarde se ashelling, wat wissel binne 'n marge van 2° oor 'n tydperk van 40 000 jaar vanweë getykragte wat deur die maan se wentelbaan veroorsaak word. Gevolglik dryf die Antarktiese Sirkel tans suidwaarts teen 'n spoed van sowat 15 meter per jaar.

Middernagson en die poolnag

Antarktiese Sirkel 
Verhouding van die Aarde se aksiale kantel (ε) tot die tropiese en poolsirkels

Die Antarktiese Sirkel is die noordelikste breedtegraad in die Suidelike Halfrond waar die son 24 uur lank voortdurend bo of gedeeltelik onder die horison kan bly. As gevolg daarvan is die son minstens een keer per jaar om middernag sigbaar vanaf enige plek in die Antarktiese Sirkel en minstens een keer per jaar om twaalfuur die middag net gedeeltelik sigbaar.

Menslike bewoning

Antarktiese Sirkel 
'n Ysberg naby die Antarktiese Sirkel noord van Detaille-eiland

Daar is geen permanente mensebevolking suid van die Antarktiese Sirkel nie, maar verskeie Antarktiese navorsingstasies word deur verskeie nasies se spanne wetenskaplikes bewoon wat op 'n seisoenale basis roteer. In vorige eeue was daar 'n paar semi-permanente walvisjagstasies op die vasteland en 'n paar walvisjagters het vir 'n jaar of meer daar gewoon. Minstens drie kinders is op Antarktika gebore, maar in stasies noord van die Antarktiese Sirkel.

Geografie

Die Antarktiese Sirkel is ongeveer 17 662 km lank. Die gebied suid van die sirkel is ongeveer 20 000 000 km 2 en dek ongeveer 4% van die Aarde se oppervlak. Die kontinent Antarktika dek groot dele van die gebied binne die Antarktiese Sirkel.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Antarktiese Sirkel Middernagson en die poolnagAntarktiese Sirkel Menslike bewoningAntarktiese Sirkel GeografieAntarktiese Sirkel Sien ookAntarktiese Sirkel VerwysingsAntarktiese Sirkel Eksterne skakelsAntarktiese SirkelAardeAntarktikaArktiese SirkelBreedtegraadNoordelike HalfrondSon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SimmetrieRoemeensVerenigde State van AmerikaErfenisHerpes simplexSharpeville-slagtingLys van kinderspeletjiesSkoenlapperBedreigde spesieBestuiwingDriedimensioneelXenofobieSowjetunieAppel (sanger)Black SashDialoog in fiksieSweedsKunsmatige algemene intelligensieWikiEkonomiese sektorMiddeloorontstekingKolorektale kankerDonderstormMagnesiumDonkieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalDieregeluideMateriaalHeelgetalNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyTamboraTikTokSaartjie BaartmanWet op NaturellengrondOseaanMisdaadJodeSamestellende afleidingOnderwerp (taalkunde)Septimius AwardsMigrasie van voëlsKewerEugenetikaInsek20ste eeuNG gemeente JansenvilleSiekteKompasTolla van der MerweLSkildklierPesachAnale kankerSuurreënVolhoubaarheidWitbloedselJavaScriptGautengNommertekenMielieSwedeGewone breukeLys van nedersettings in Suid-AfrikaLeeuOos-KaapSportBloemfonteinAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidPseudowetenskapTekstielKaapstadBeesvleisKoolstofBreinvliesontstekingSelfstandige naamwoordGroot TrekVolstruisMaag🡆 More