Sudd

Die Sudd (Arabies: as-Sudd of al-Sudd) is 'n groot moeras in Suid-Soedan net noord van die hoofstad Joeba wat deur die Wit Nyl se Baḥr al-Jabal-gedeelte gevorm word.

Die Arabiese woord sudd (سد) beteken "versperring" of "belemmering". Alhoewel albei van Arabies afgelei is, is die woord "sudd" dus nie aan "Soedan" (بلاد السودان) verwant nie, en word verskillend uitgespreek.

Sudd
Vissers in die Sudd, Suid-Soedan
Sudd
Nasa-Satellietbeeld van die Sudd
Sudd
Die Sudd se ligging in Suid-Soedan

Die term "die sudd" verwys tans na enige groot soliede drywende plantegroei-eiland of mat. Die gebied wat die moeras bedek, is een van die wêreld se grootste vleilande en die grootste varswater-vleiland in die hele Nylrivierbekken. Daarbenewens is dit die grootste binnedelta in Afrika.

Oor baie jare heen het die moeras, en veral sy plantegroei, 'n ondeurdringbare versperring vir die navigasie langs die Nylrivier gevorm. In 61 n.C. het 'n troep Romeinse soldate, wat deur keiser Nero ontplooi is, die Wit Nyl verken, maar hulle was nie in staat om die Sudd oor te steek nie, wat sedertdien die grens van Romeinse indringing in Ekwatoriaal-Afrika gemerk het. Om dieselfde redes was die soektog na die Nylrivier se bron in latere tye besonders moeilik; dit het uiteindelik oorlandse ekspedisies van die sentrale Afrikakus geraak, wat wou vermy om deur die Sudd te moes reis.

Die Sudd strek oor sowat 390 km in 'n noord-suidelike rigting en 240 km in 'n oos-westelike rigting. Dit beslaan 'n oppervlakte van sowat 30 000 km², wat tydens reëntyd tot 130 000 km² sal kan groei.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

ArabiesJoebaSuid-SoedanWit Nyl

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SwaziItaliëC++Natuurlike hulpbronSebraVlinderTydsoneGeskiedenis van AfrikaansKoos KombuisKonsonantLys van WêrelderfenisgebiedeMiltLandbouEkonomie van Suid-AfrikaLiewe HeksieBloedvergiftigingRooikatKankerbossieLys van Kaapstad se voorstedeDansKolitisVolstruisKoöperasiestoriesMangelDepressie (gemoedstoestand)EendbekdierKrugerwildtuinHipoteseOrthopteraFotosinteseLys van Suider-Afrikaanse soogdiereDramaLys van myne in Suid-AfrikaGeskiedenis van erotiese afbeeldingsMierHeupWielVerkleinwoordMusieksimboleSpinnekopRacheltjie de BeerLiefdeAarverkalkingPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKoos BekkerKontinentFisioterapieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaZack du PlessisChirurgieApple II-reeksImpakte van toerismeKriekInflasieMiddelmisbruikDulcie van den BerghMoskouKinderregteSlawernyKopielinksSaartjie BaartmanErtjieSeisoenPomeloKuberkrakerSerebrospinale vogApostelLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SpysverteringstelselAkuutOutismeKeelseerHoutEnsiklopedieGalblaas🡆 More