Randall Charles Wicomb (* 30 Januarie 1949; † 27 Desember 2015) was 'n Afrikaanse sanger en driemalige wenner van die ATKV se Crescendo-sangkompetisie (1975, 1976 en 1977).
Randall Wicomb | |
---|---|
Geboortenaam | Randall Charles Wicomb |
Gebore | Kaapstad | 30 Januarie 1949
Sterf | 27 Desember 2015 (op 66) Stellenbosch, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem, Kitaar, Klavier |
Webwerf | randallwicomb.co.za |
Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Na skool doen hy militêre opleiding in die Valskermbataljon. Hy behaal die graad B.Sc Honneurs (Ekologie) aan die Universiteit van Stellenbosch, waarna hy kortstondig klasgee aan die Hoërskool Durbanville en Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch.
Hierna bekwaam hy homself as kopersmid by Pieter van Dijk se ateljees in Kaapstad waarna hy volwaardige kopersmidwerk as kuns en opdragwerk beoefen. Hy was ook 'n ywerige antieke glasbottel-/artefakteversamelaar en het ook metaalverklikkeropsporing as stokperdjie beoefen.
Uit sy huwelik met Koba is drie kinders gebore en sy en die drie kinders Pierre-Henri, Saskia en Kobâ het as hele gesin gesamentlik of indiwidueel saam met hom opgetree.
Hy is in 2013 met prostaatkanker gediagnoseer. Sy lewensverhaal, getiteld "Kleur – my lewe, my lied", is deur die bekende Pretoriase uroloog, dokter Amos van der Merwe, geskryf.
Op 27 Desember 2015, as gevolg van die kanker, sterf Randall Wicomb omstreeks 03:45 in sy huis te Stellenbosch.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Randall Wicomb, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.