'n Millimeter (simbool: mm) is 'n lengtemaat wat van die SI-basiseenheid vir lengte, die meter afgelei is.
'n Millimeter is die grootte van een duisendste deel van 'n meter. Die voorvoegsel milli is van die Latynse woord vir duisend afgelei.
'n Millimeter is gelyk aan 1 000 mikrometer en 1 000 000 nanometer. Daar is 25,4 mm in een duim.
Daarnaas word millimeter ook dikwels gebruik om 'n hoeveelheid reën op 'n oppervlak aan te dui. In hierdie konteks is 'n millimeter onafhanklik van die grootte van die oppervlak. Een millimeter reën dui een liter water op elke vierkante meter aan (1 L/m² = 1 dm³/m² = 1 000 000 mm³ / 1 000 000 mm² = 1 mm³/mm² = 1 mm).
Veelvoud | Naam | Simbool | Veelvoud | Naam | Simbool |
---|---|---|---|---|---|
100 | meter | m | |||
103 | kilometer | km | 10–3 | millimeter | mm |
106 | megameter | Mm | 10–6 | mikrometer | µm |
109 | gigameter | Gm | 10–9 | nanometer | nm |
1012 | terameter | Tm | 10–12 | pikometer | pm |
1015 | petameter | Pm | 10–15 | femtometer | fm |
1018 | eksameter | Em | 10–18 | attometer | am |
1021 | zettameter | Zm | 10–21 | zeptometer | zm |
1024 | jottameter | Ym | 10–24 | joktometer | ym |
Daar is eenhede wat tot die metriese stelsel behoort het, maar wat nie meer in die S.I.-stelsel erken word nie, soos:
Veelvoud | Naam | Simbool | Veelvoud | Naam | Simbool |
---|---|---|---|---|---|
101 | dekameter | dam | 10–1 | desimeter | dm |
102 | hektometer | hm | 10–2 | sentimeter | cm |
10–10 | Ângström | Â |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Millimeter, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.