Eenheid Ångström

Die ångström ( /ˈæŋstrəm/; ANG -strəm) of bloot angstrom ( /ˈɒŋstrəm/ ) is 'n metrieke eenheid van lengte gelyk aan 10−10 m, dit wil sê een tienmiljardste (VS) van 'n meter, 'n honderdmiljoenste van 'n sentimeter, 0.1 nanometer, of 100 pikometers.

Die simbool daarvoor is Å, 'n letter van die Sweedse alfabet, en is vernoem na die Sweedse fisikus Anders Jonas Ångström (1814–1874).

Ångström
'n heliumatoom
Een ångströmlengte (swart stafie) word teenoor 'n heliumatoom aangedui, en een femtometer (wit stafie) word teenoor die atoomkern aangedui.
Eenheidstelsel Nie-SI eenheid, metriek
Eenheid van Lengte
Simbool Å
Vernoem na Anders Jonas Ångström
Omskakeling
Een Å is gelyk aan:
   SI eenhede    10−10 m = 0.1 nm
   Imperiale eenhede    3.937008×10−9 in
   Planck eenhede    6.187×1024 lP

Die ångström word dikwels in die natuurwetenskappe en tegnologie gebruik om groottes van atome, molekules, mikroskopiese biologiese strukture, lengtes van chemiese bindings, rangskikking van atome in kristalle,golflengtes van elektromagnetiese straling uit te druk, sowel as vir dimensies van geïntegreerde stroombane in elektronika. Die atoomradiusse van fosfor, swael en chloor is ongeveer 1 ångström, terwyl dié van waterstof ongeveer 0,5 ångström is. Sigbare lig het golflengtes in die spektrum van 4 000 tot 7 000 Å.

Al is dit 'n desimale breuk van die meter, was die ångström nooit deel van die SI-stelsel van eenhede nie, en word dit toenemend vervang deur die nanometer of pikometer. Tot 2019 is dit deur die Internasionale Buro vir Gewigte en Mate (BIPM) asook die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Standaarde en Tegnologie (NIST) as 'n versoenbare eenheid gelys. Dit word egter nie in die 9de uitgawe van die amptelike SI-dokument genoem nie, en ook nie in die BIPM-brosjure (2019) nie.

Die 8ste uitgawe van die BIPM-brosjure (2006) en die NIST-gids 811 (2008) behou die spelling ångström, met Sweedse letters; hierdie vorm word egter nie oral in Engelse manuskripte gebruik nie en sommige Amerikaanse woordeboeke lys slegs die spelling angstrom.

Geskiedenis

Eenheid Ångström 
Anders Ångström

In 1868 het die Sweedse fisikus, Anders Jonas Ångström, 'n grafiek van die spektrum van sonlig geskep waarin hy die golflengtes van elektromagnetiese straling in die elektromagnetiese spektrum uitgedruk het in veelvoude van een tienmiljoenste van 'n millimeter (of 10−7) mm. Ångström se grafiek en tabel van golflengtes in die sonspektrum is algemeen deur die sonfisika-gemeenskap gebruik, wat die eenheid aangeneem het en dit na hom vernoem het. Dit het daarna versprei na die velde van astronomiese spektroskopie, atoomspektroskopie, en dan na ander wetenskappe wat met atoomskaalstrukture handel.

Verwysings

Tags:

Hulp:IFA/EngelsKort en lang skaalverdelingLengteMeterNanometerPikometerSentimeterSwede (volk)Sweedse alfabet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MenstruasieKoringLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaBTWNatuurlike hulpbronErfenisTamatieEben EtzebethOnse VaderTarentaleJennifer ZamudioVlinderImpakte van toerismeThys die BosveldklongBoeddhismeJaco JacobsKreatiwiteitSwartbewussynsbewegingArabiesOu Apostoliese KerkKontinentKoppeltekenMaatskappySuid-AfrikaTermietKlem-in-die-kaakDonkieVolstruisAnglo-BoereoorlogMenslike penisgrootteRassismeNieuwoudtvilleSonkragMetaalApostoliese GeloofsbelydenisSkoenlapperLewerAkroniemFiela se kindGewone luislangLimpopoMuisvoëlGoudGoogle MapsAfrikaAngssteuringBokmakierieNomina sacraNasionale VrouemonumentPornografiese subgenresAdolf HitlerMediaWikiFinale OplossingLys van Suider-Afrikaanse soogdiereNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaEtniese groepVars waterBlaarEkonomiese sektorGewone tarentaalBeesLys van chemiese elemente volgens atoomgetalDoelwitRooikatToerismeVryheid van spraakNoord-KaapIndustriële RevolusieBosvarkVormEkotoerismeLys van kinderspeletjiesViëtnamoorlog🡆 More