Die Zuid-Afrikaansche Republiek Polisie was die polisiemag van die voormalige Zuid-Afrikaansche Republiek, gestig in 1881.
Daar was altyd na 'n lid verwys as 'n ZARP. Die Speurafdeling was bekend as die 'Geheime Speurders'.
Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog het die mag uit sowat 1 400 man bestaan waarvan 200 nie-blankes was. Hulle het ook die orde in eSwatini gehandhaaf. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hulle 'n uitstekende rekord gehandhaaf en het ook soms swaar verliese gely.
Na die Unie van Suid-Afrika in 1910 tot stand gekom het, is die mag in die Suid-Afrikaanse Polisiemag geabsorbeer. Die Suid-Afrikaanse Polisiemag het later die hedendaagse Suid-Afrikaanse Polisiediens geword.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Zuid-Afrikaansche Republiek Polisie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.