Blinkblaar-Wag-’N-Bietjie

Die blinkblaar-wag-’n-bietjie (Ziziphus mucronata) is ’n bladwisselende boom wat algemeen in die bosveld en selfs dele van die hoëveld voorkom.

Blinkblaar-wag-’n-bietjie
Blinkblaar-Wag-’N-Bietjie
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Rosales
Familie: Rhamnaceae
Genus: Ziziphus
Spesie:
Z. mucronata
Binomiale naam
Ziziphus mucronata
Willd., (1809)
Sinonieme
  • Ziziphus madecassus H. Perrier

Verspreiding

Dit is inheems aan feitlik die hele Suider-Afrika, met die uitsondering van die Suidwes-Kaap, Suidwes-Botswana, die kusgebiede van Namibië en dié van Mosambiek. Dit is ook in Angola, Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Guinee, Jemen, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Somalië, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Beskrywing

Die boom is slaphangend en op die jong hout is daar gewoonlik aan weerskante van die blaarsteel ’n paar baie skerp dorings, die een krom en die ander reguit. Die glansende groen blare is kenmerkend en die blaarbasis is simmetries met die blaarrand uiters fyn geskulp. Die boom dra klein, gelerige blomme met 'n deursnee van 6 mm. Die vrugte is tot 1.5 cm in deursnee en hoewel eetbaar is dit nie baie smaaklik nie. Die vlees van die vrugte is dun, droog en melerig. Die boom het baie medisinale gebruike.

Die Blinkblaar-wag-’n-bietjie is as Suid-Afrika se Algemene Boom van die Jaar vir 2017 aangewys, en die boom se FSA-nommer is 447.

Subspesies

Die boom het twee subspesies:

  • Ziziphus mucronata subsp. mucronata
  • Ziziphus mucronata subsp. rhodesica R.B.Drumm.

Galery

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Blinkblaar-Wag-’N-Bietjie VerspreidingBlinkblaar-Wag-’N-Bietjie BeskrywingBlinkblaar-Wag-’N-Bietjie SubspesiesBlinkblaar-Wag-’N-Bietjie GaleryBlinkblaar-Wag-’N-Bietjie Sien ookBlinkblaar-Wag-’N-Bietjie BronneBlinkblaar-Wag-’N-Bietjie VerwysingsBlinkblaar-Wag-’N-Bietjie Eksterne skakelsBlinkblaar-Wag-’N-Bietjie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cleopatra VIIMurraysburgOntwikkelende landLys van chemiese elemente volgens atoomgetalDoziMielieEendbekdierVerkleurmannetjieHulpwerkwoordLiewe HeksieTrappe van vergelykingSterKlavierBorsteSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureJan van RiebeeckVolstruisKernoorlogBelastingKunselementeKindermishandelingOnderwerp (taalkunde)MonopolyGreen PornoJazzHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMoskouWerkwoordOlifantDiarreeNederlandAtoomFabelLiefdeLys van bekende Suid-AfrikanersKernkragAnale seksKommaNasionalismeKolitisViëtnamAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLettergreepKrampKoos BekkerNasiebouAntieke EgipteRosa ParksNierHokkieAvbobXhosasKlereLeeuDigvormCheslin KolbeChemiese elementLien se lankstaanskoeneKalenderDolfynNazi-DuitslandTaalIsraelBeurtkragDieregeluideTegnologieWolkGroot-VisrivierEnkelvoudige sinWillie JoubertWiskundeSokkerSekondêre sektor van die ekonomieSoweto-opstandMikro-ekonomie🡆 More