William Douglas Francis

William Douglas Francis (6 Maart 1889 - 2 Januarie 1959) was 'n gesiene Australiese plantkundige.

Hy is in in Bega, Nieu-Suid-Wallis gebore. Op 17-jarige ouderdom het hy saam met sy pa, Alfred en broer Frederick, getrek vanaf Wollongong, Nieu-Suid-Wallis (waar hy die Wollongong Superior Public School bygewoon het), na Kin Kin, Queensland. Dit was hier waar hy sy groot belangstelling in die natuurwetenskap kon bevredig terwyl hy sy pa en broer op die plaas gehelp het.

'William Douglas Francis'
Gebore 6 Maart 1889
Bega
Oorlede 2 Januarie 1959
Nasionaliteit Australies
Instelling(s) Queensland Herbarium
Bekend vir Sy boek Australian Rainforest Trees.

In 1919 is hy aangestel as Assistent Regerings Plantkundige by die Queensland Herbarium. Teen 1950 was hy aangestel as regerings plantkundige. Hy het in 1954 afgetree en is vyf jaar later dood. Hy het grootliks bygedra tot die klassifikasie en identifikasie van Australiese reënwoudspesies en word waarskynlik die beste onthou vir sy boek Australian Rainforest Trees. Dit is in 1929 gepubliseer, met talle herdrukke sedertdien. 'n Arboretum wat in die 1990's by Kin Kin gestig is, is tot sy nagedagtenis aan hom toegewy.

Die standaard outeursafkorting W.D.Francis word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.

Sien ook

Eksterne Skakels

Verwysings

Tags:

AustraliëNieu-Suid-WallisQueensland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wet op NaturellengrondAmhariesDoziWebkruiperHondBroodwortelHadjSokkerSpekboomHoofpynVolksbevrydingsleërAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeByvoeglike naamwoordNagadderGlenys LynneTsongaRadioAdolf HitlerAarverkalkingHentaiGeboorteMobutu Sese SekoRugbywêreldbeker 2003Karla du PlessisTweede VryheidsoorlogMetabolismeAbstraksie (rekenaarwetenskap)2024 Japannese Grand PrixN.P. van Wyk LouwBreinvliesontstekingDanie du ToitPaasfeesMilitêre geskiedenis van Suid-AfrikaSelfieSkildklierWaterKinderregteWit-DonderdagNaaktheidInsekAdamHeilige SaterdagBrandstofGerrie PretoriusPornografiese subgenres16 November7de LaanKankerHongkongAalwynDissipel vir wie Jesus baie lief wasHemelvaartGalblaasSonsverduisteringLChris BlignautJodiumPfizerDemensieJudaïsmeSmall HandsLiefdeAktuarisWêrelderfenisgebiedVerkragtingGeorge BallotBloemfonteinMielieEkotoerismeAbsesVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameVolkekundePtolemeus🡆 More