Verbania (Italiaans: ; Lombardies: ; Piëmontees: ) is die grootste munisipaliteit (comune) in en sedert 1992 administratiewe setel van die Noordwes-Italiaanse provinsie Verbano-Cusio-Ossola in die administratiewe streek Piëmont, met 'n oppervlakte van 37,49 km2 en 'n bevolking van 30 709 soos op 1 Januarie 2018.
Die stad, wat eers in 1939 met die samesluiting van twee nedersettings, Intra en Pallanza, ontstaan het, is die grootste langs die oewer van die meer Lago Maggiore, sowat 91 km noordwes van Milaan geleë.
Città di Verbania | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 45°56′00″N 08°32′00″O / 45.93333°N 8.53333°O | |
Land | Italië |
Streek | Piëmont |
Provinsie | Verbano-Cusio-Ossola |
Gevorm deur samesluiting van Intra en Pallanza | 1939 |
Regering | |
• Burgemeester | Silvia Marchionini (PD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 37,49 km2 (14,47 vk. myl) |
Hoogte | 200−678 m (700−2 224 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 30 709 |
• Digtheid | 820/km2 (2 100/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1 (MET) |
• Somertyd | UTC+2 (MEST) |
Poskode | 28900, 28921-28925 |
Skakelkodes | 0323 |
Webwerf | comune.verbania.it |
Verbania bestaan uit 'n aantal stadsdele, waarby Verbania Pallanza (met sy historiese middestad en nou straatjies) en Verbania Intra (met sy ligging teen die meeroewer) die belangrikstes vir die besoeker is.
Die bekendste besienswaardigheid in Verbania is Villa Taranto, 'n laat 19de eeuse herehuis met sy eie botaniese tuin. In 1931 het die Skotse kommandant (captain) en lid van die Royal Archers, Neil McEacharn, die villa in besit van die Savoy-familie gekoop en in sy tuin oor 'n tydperk van drie dekades met die planting van sowat 20 000 gewasse een van die aantreklikste botaniese tuine in Europa geskep. Die tuin strek oor 'n golwende heuwellandskap met velde vol purperrooi rododendrons, tulpe en kamelias en kweekhuise met lelies.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Verbania, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.