'n Veer is 'n buigsame elastiese voorwerp wat gebruik word om meganiese energie te stoor.
Die mees algemene tipe vere is:
Ander tipies sluit in:
In klassieke fisika word 'n veer gesien as 'n toestel wat potensiële energie stoor deur die bindings tussen atome van 'n elastiese materiaal aan spanning te onderwerp.
Hooke se wet van elastisiteit bepaal dat die verlenging van 'n elastiese staaf (die uitgerekte lengte minus die lengte van die ontspanne staaf) lineêr eweredig is aan die trekspanning, die krag wat gebruik word om dit uit te rek. Soortgelyk is die krimping (negatiewe verlenging) eweredig aan die saampersing (negatiewe trekspanning).
Hierdie wet is egter gewoonlik net geldig wanneer die vervorming (verlenging of krimping), klein is in vergelyking met die staaf se lengte. Vir groot vervormings word die atoombindings gebreek of herrangskik en kan die staaf breek, buig of permanent vervorm word. Selfs as daardie limiet nie oorskry word nie, kan die krag heelwat van Hooke se wet afwyk.
Hooke se wet is eintlik 'n wiskundige gevolg van die feit dat die potensiële energie van die staaf 'n minimum is wanneer dit by die ontspanne lengte is. Enige gladde funksie van een veranderlike kan benader word deur 'n kwadratiese funksie wanneer dit naby aan die minimumpunt evalueer word; daarom kan die krag — wat die afgeleide van energie is met betrekking tot die verplasing — deur 'n lineêre funksie benader word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Veer (toestel), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.