Die Trekboervereniging het ten doel die geskiedenis van die watrek– en trekoskultuur in Suid-Afrika te bewaar.
Op sekere feesdae (soos veral Erfenisdag) bied die organisasie aanbiedings wat ‘n uitbeelding gee van die pionierslewe van die gewone trekboer en die Voortrekkers. Demonstrasies van alle fasette van daardie geslag se leefwyse word vertoon, soos die in- en uitspan van osse, die op- en afsaal van perde, die sny en brei van osrieme en die maak van tuie, die vleg van swepe, die smee van yster, kook van seep, giet van kerse, bak van brood, maak en herstel van waens en klere, giet van koeëls, skiet met ‘n voorlaaier, jag, verwerking van vleis, gebruik van bokseile, oprig van hartebeeshuise.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Trekboervereniging, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.