Die Touwsrivier is 'n rivier in die Klein-Karoo.
Hierdie rivier ontspring op die oostelike hellings van Matroosberg in die Hexrivierberge in die omgewing van De Doorns op 'n hoogte van 2200 m bo seespieël.
Touwsrivier | |
---|---|
Stroomgebied | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Oorsprong | op die oostelike hellings van Matroosberg, Hexrivierberge naby De Doorns |
Monding | Wes-Kaap, Suid-Afrika Grootrivier |
Oorsprong-hoogte | 2 200 m |
Monding-hoogte | 242 m |
Stroomgebiedopp. | 6 200 km² |
Koördinate: 33°43′59.99″S 21°10′59.99″O / 33.7333306°S 21.1833306°O 21°10′59.99″O / 33.7333306°S 21.1833306°O |
By die dorp Touwsrivier sluit die Smalblaarrivier aan en vloei die rivier oossuidooswaarts deur die Koegaberge. Dan sluit die Skurwebergrivier uit die suidweste aan. Verder vloei dit deur die Anysberg-natuurreservaat. Die R62-pad kruis die rivier met die A.J. van der Vyverbrug. Agtereenvolgens sluit stroomafwaarts die Brakrivier, Bosvlakterivier, Doringrivier en die Brandrivier aan. Net na die aansluiting van die Brandrivier vloei die Touwsrivier by 33° 42′ suid en 21° 10′ oos in die Grootrivier, wat op sy beurt in die Gouritsrivier vloei.
Die Touwsrivier en sy takke het 'n opvanggebied van 6 200 km² en vier groot damme is daarin geleë, naamlik die Verkeerdevlei, Prinsrivierdam, Bellairdam en die Miertjieskraaldam.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Touwsrivier (rivier), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.