Tjoemen (Russies: Тюме́нь) is ’n stad in die Oeral- Federale Distrik in Rusland.
Dit is 2 144 km oos van Moskou aan die Toera-rivier geleë. Dit is die hoofstad en grootste stad van die Tjoemen-oblast en het 634 171 inwoners (2013).
Tjoemen Тюмень | |
---|---|
Stad | |
'n Nagaansig van Tjoemen | |
Die ligging van Tjoemen-oblast in Rusland | |
Koördinate: 57°09′0″N 65°32′0″O / 57.15000°N 65.53333°O 65°32′0″O / 57.15000°N 65.53333°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Tjoemen-oblast |
Stigting | 1586 |
Stadstatus | 1782 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Aleksandr Moor |
Oppervlak | |
• Totaal | 235 km2 (91 vk. myl) |
Hoogte | 70 m (230 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 634 171 |
• Digtheid | 2 476/km2 (6 410/vk. myl) |
Tydsone | UTC+06:00 (JEKT) |
Poskode | 6250xx |
Skakelkodes | 7 3452 |
Webwerf | tyumen-city.ru |
Tjoemen was die eerste Russiese buitepos in Siberië en is in die 16de eeu gestig om Russiese uitbreiding in die streek te vergemaklik - vandaar sy bynaam "Moeder van Siberiese stede". Die dorp het vinnig gegroei van ’n militêre nedersetting tot ’n groot stad. Dit is vandag een van die belangrikste sake-, nywerheid- en vervoersentrums in Rusland en lê in ’n streek met groot olievelde wat van die grens met Kazachstan tot die Noordelike Yssee strek.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Tjoemen, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.