The Turn of the Screw is 'n 1898 riller-novelle deur Henry James wat eerste in tydskrifvorm verskyn het in Collier's Weekly magazine (27 Januarie – 16 April 1898).
In Oktober 1898 het dit verskyn in The Two Magics, 'n boek wat in New York Stad deur Macmillan en in Londen deur Heinemann gepubliseer is. Die werk, wat as beide gotiese fiksie en as 'n spookverhaal geklassifiseer kan word, fokus op 'n goewernante wat vir twee kinders op 'n afgeleë landgoed sorg, en oortuig daarvan word dat die plek spook.
The Turn of the Screw | |
---|---|
Skrywer | Henry James |
Land | Verenigde Koninkryk |
Taal | Engels |
Genre |
|
Uitgewer | The Macmillan Company (New York Stad) William Heinemann (Londen) |
Uitgegee | Oktober 1898 |
In die eeu wat gevolg het op die publikasie daarvan, het The Turn of the Screw 'n hoeksteen teks vir akademici geword, wat die Nuwe Kritiek beweging aanhang. Die novelle is al op talle maniere geïnterpreteer, welke dikwels wederkerig uitsluitend was. Baie kritici het probeer om die presiese aard van die boosheid vas te stel wat deur die verhaal gesuggereer word. Andere het egter weer geargumenteer dat die briljantheid van die novelle, die gevolg van die werk se vermoë is om 'n intieme gevoel, of atmosfeer, van verwarring en spanning binne die leser te skep.
Die novelle is al by verskeie geleenthede aangepas vir radiodrama, rolprent, verhoogproduksies en televisie, insluitende 'n 1950 Broadway toneelstuk, en die 1961 rolprent The Innocents.
The Turn of the Screw was eers gepubliseer in die tydskrif Collier's Weekly, met twaalf uitgawes (27 Januarie – 16 April 1898). Die titel-illustrasie deur John La Farge beeld die goewernante uit met haar arms om Miles. Die episodiese illustrasies was deur Eric Pape.
In Oktober 1898 het die novelle in 'n volume verskyn met die titel "The Two Magics", saam met die kortverhaal "Covering End" , wat gepubliseer is deur Macmillan in New York, en deur Heinemann in Londen.
James het The Turn of the Screw tien jaar later hersien vir sy New York-uitgawe. In The Collier's Weekly Weergawe van The Turn of the Screw (2010) word die verhaal uitgebeeld in sy oorspronklike tydskrif, oftewel reeks-vorm, met 'n gedetailleerde analise van die veranderinge wat James oor die jare daaraan aangebring het. James het onder ander die kinders se ouderdomme verander.
The Turn of the Screw was die onderwerp van 'n reeks verwerkings in 'n verskeidenheid van media gewees, en hierdie verwerkings is selfs al in akademiese joernale ondersoek, met die klem op die verhouding tussen Henry James en "neo-Victoriaanse kultuur". Dit is verwerk vir die gelyknamige opera The Turn of the Screw deur Benjamin Britten, wat in 1954 aangebied is, en die opera is reeds by verskeie geleenthede verfilm. Die novelle is deur Luigi Zaninelli verwerk vir ballet (1980), en ook deur Will Tucket vir die Koninklike Balletgeselskap in 1999. Harold Pinter het die toneelstuk, "The Innocents" (1950), 'n Broadwayteaterstuk wat 'n verwerking is van The Turn of the Screw, geregisseer, asook 'n gevolglike gelyknamige verhoogstuk wat verwerk is deur Rebecca Lenkiewicz, en in Januarie 2013 opgevoer is as 'n mede-produksie saam met Hammer Film Productions by die Almeida Teater in Londen.
Pre-millennium
Post-millennium
Wiki Commons bevat media in verband met The Turn of the Screw. |
Wikisource bevat oorspronklike teks in verband met |
Primêre bronne
Sekondêre gesprekke
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article The Turn of the Screw, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.