The Cranberries

The Cranberries was 'n Ierse rockgroep wat in Limerick, Ierland, in 1989 gestig is.

Die groep was oorspronklik bekend as The Cranberry Saw Us, bestaande uit die sanger Niall Quinn, ghitaarspeler Noel Hogan, basghitaarspeler Mike Hogan en die tromspeler Fergal Lawler; Quinn is in 1990 as hoofsanger vervang deur Dolores O'Riordan, en die groep het hul naam verander na The Cranberries. Die groep het hulself geklassifiseer as 'n alternatiewe-rock groep, maar het aspekte van indie-rock, jangle-pop, dream-pop, folk-rock, post-punk en pop-rock in hul musiek ingesluit.

The Cranberries
The Cranberries
The Cranberries in Parys, Frankryk in 2010. Van links na regs is: Noel Hogan, Dolores O'Riordan, Fergal Lawler en Mike Hogan.
Agtergrondinligting
Ook bekend asThe Cranberry Saw Us (1989–1990)
OorsprongLimerick, Ierland
Genres
  • Alternatiewe-rockmusiek
  • indie-rock
  • pop-rock
  • jangle-pop
  • post-punk
  • dream-pop
Jare aktief
  • 1989–2003
  • 2009–2019
Etikette
  • Xeric
  • Island Records
  • Universal Music Group
  • Downtown Records
  • Cooking Vinyl
  • BMG Rights Management
AssosiasiesD.A.R.K.
Webwerfcranberries.com
Gewese lede
  • Mike Hogan
  • Noel Hogan
  • Fergal Lawler
  • Niall Quinn
  • Dolores O'Riordan

In 1991 het die Cranberries 'n kontrak aangegaan met die plaatetiket Island Records (besit deur die Nederlands-Amerikaanse multinasionale musiekkorporasie Universal Music Group), en hul debuutalbum, Everybody Else Is Doing It, So Why Can't We? (1993), het kommersiële sukses behaal. Hul tweede album, No Need to Argue (1994), het die groep internasionale bekendheid besorg, en die treffer-enkelsnit "Zombie", wat een van die groep se mees herkenbare liedjies geword het, ingesluit. Die groep het hierdie sukses voortgesit met die albums To the Faithful Departed (1996) en Bury the Hatchet (1999) , en het in 2000 'n kontrak aangegaan met die plaatetiket MCA Records (MCA Records was 'n Amerikaanse plaatetiket wat deur MCA Ing. besit is, en later deel van Universal Music Group geword het). Hul vyfde album, Wake Up and Smell the Coffee (2001) het nie die kommersiële sukses van hul vorige albums behaal nie, en die groep het hul ontevredenheid met die plaatetiket se reklame uitgespreek.

Na 'n ses jaar-lange onderbreking (2003 tot 2009) het die Cranberries 'n Noord-Amerikaanse toer onderneem wat deur vertonings in Latyns-Amerika en Europa gevolg is. Hulle het hul sesde album, Roses (2012), hul eerste album in 11 jaar sedert Wake Up and Smell the Coffee, vrygestel en hul musiekstyl uitgebrei met hul sewende akoestiese album, Something Else (2017). In 2018 het O'Riordan verdrink weens alkoholbedwelming. Noel Hogan het die groep se voorneme om dieselfde jaar te ontbind, bevestig. Hulle het ontbind ná die vrystelling van hul bekroonde finale album, In the End (2019).

The Cranberries was een van die topverkoper alternatiewe musiekgroepe van die 1990's, en het met ingang 2019 byna 50 miljoen albums wêreldwyd verkoop. Hulle het tydens hul loopbaan 'n Ivor Novello-toekenning (uit twee benoemings), 'n Juno-toekenning, 'n MTV Europe Music Award, en 'n World Music Award gewen, en is genomineer vir 'n Brit-toekenning en 'n Grammy-toekenning. Met die musiekvideo vir "Zombie" het die Cranberries die eerste Ierse groep geword wat een miljard kyke op YouTube gekry het.

Diskografie

Altejee-albums

  • Everybody Else Is Doing It, So Why Can't We? (1993)
  • No Need to Argue (1994)
  • To the Faithful Departed (1996)
  • Bury the Hatchet (1999)
  • Wake Up and Smell the Coffee (2001)
  • Roses (2012)
  • Something Else (2017)
  • In the End (2019)

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Tags:

The Cranberries DiskografieThe Cranberries VerwysingsThe Cranberries BronnelysThe Cranberries Eksterne skakelsThe CranberriesGhitaarIerlandLimerickRockmusiekTrom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Leonardo da VinciVoortrekkersLys van Afrikaanse rolprenteGalblaasBywoordVioolKoperPapierEl NiñoKunsAnilingusVerdampingApostoliese GeloofsbelydenisAgtervoegselKoekie (rekenaarwetenskap)ChristendomBloeddrukAngssteuringLys van politieke partye in Suid-AfrikaHartWitbloedselSlaginstrumentSurrogaatmoederskapOmtrek, oppervlakte en volumeAlliterasieSeisoenLys van Suid-Afrikaanse skrywersLys van landeSpelerposisies in rugbyStereotipeLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaKaliumMarco PoloWater (molekuul)NatuurrampCarike KeuzenkampNoag se arkBreingewasBloedsomloopstelselTennisOseaanEuropaKriekKongo-krisisMangelontstekingLiewe HeksieLys van nedersettings in Suid-AfrikaWet op NaturellengrondEwenaarWiki CommonsKobus LombardJaco JacobsDieremishandelingDiskriminasieGeestesgesondheidUitwerking van klimaatsveranderingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994GrondsoorteAustraliëStollingsgesteenteSendelingposisieMuldersvleiOu TestamentKatoenPuberteitDelftPriemgetalOos-KaapStaalWapen van Suid-AfrikaBysteekAtoomEugenetikaDiepaartromboseAnneli van RooyenVlekvrye staalMaag🡆 More