Suid-Afrikaanse Vrouefederasie: Suid-Afrikaanse welsyns- en kultuurorganisasie

Die Suid-Afrikaane Vrouefederasie (SAVF) is ‘n welsyns- en kultuurorganisasie met Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes as werkterrein.

Doel

Die strewe van die organisasie is om maatskaplike dienste aan individue en gesinne in die gemeenskap te lewer om daardeur hul lewensgehalte te verbeter. Veral die armstes in die gemeenskap geniet hul aandag. Hierdie doel het deur die jare dieselfde gebly, maar met aanpassings om aan die behoeftes van die tyd te voldoen. Sommige dienste is dus gestaak, nuwe is aangebied.

Dienste

Die welsynswerk is gemik op kinder- , jeug- en gesingsorg, sowel as bejaardes, verswaktes, gestremdes en op maatskaplike ontwikkeling. Daarvoor bedryf die SAVF kleuterskole, kinderhuise, dagsorgsentrums, naskoolsentrums, losieshuise, ouetehuise, klubs vir vroue, bejaardes en kinders, werkplase vir beskutte arbeid, dienssentrums en ouerleidingklinieke. Maatskaplike werkers koördineer en lei die werksaamhede.

Voorbeelde

Die Moedersbond Hospitaal in Pretoria is in 1919 begin gevolg deur nog ‘n twintigtal kleiner kraaminrigtings in die platteland. Daar is ook vroedvroue opgelei. In 1905 is die Armstrong-Berning Tehuis vir getraumatiseerde meisies geopen. Uit 1910 dateer die Môreglans Ouetehuis in Krugersdorp. Koshuise is in stedelike gebiede ingerig vir jongmense van die platteland wat in die stad gaan werk het. Klere en kos is aan behoeftiges voorsien. Kursusse in naaldwerk, spin-, en weefwerk en mandjiemakery is aangebied. Geldelike steun is soms aan skole verskaf en die eerste huishoudskool is geopen. So ook word gehelp met die onderhoud van die konsentrasiekampkerkhowe en is geld bygedra tot die oprigting van die Vrouemonument.

Geskiedenis

Die weduwee van Saul Solomon, Georgina Thomson, het uit Skotland na Suid-Afrika gekom om hoof te word van die Good Hope Seminary School in die Tuine in Kaapstad. Sy het die SAVF op 19 Oktober 1904 in Pretoria aan die huis van die premiersvrou Annie Botha gestig. Die plan was dat die blanke Protestantse vroue die Afrikaner in Transvaal moet help ophef na die ellende van die Tweede Vryheidsoorlog. Mev. Botha was tot 1908 die eerste voorsitster. Ander bekende voorsitsters vans Susanna Barbara Broers (1876 – Pretoria, 2 Oktober 1947) van 1915 tot 1947 en haar opvolgster Johanna Magdalena Raath (Frankfort, 8 November 1909 – 9 September 1995).

Bibliografie

  • afrikanergeskiedenis.co.za
  • savf.co.za

Tags:

Suid-Afrikaanse Vrouefederasie DoelSuid-Afrikaanse Vrouefederasie DiensteSuid-Afrikaanse Vrouefederasie VoorbeeldeSuid-Afrikaanse Vrouefederasie GeskiedenisSuid-Afrikaanse Vrouefederasie BibliografieSuid-Afrikaanse VrouefederasieGautengKwaZulu-NatalLimpopoMpumalangaNoordwes

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Corlia FourieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994NG gemeente MoreletaparkSlag van die Goue SporeRenier van RooyenHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalLord’sAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeGriekelandElandréISBNKwaZulu-NatalTurks- en CaicoseilandeRanger 5PersoonlikheidBorsjtBoerjatiëLongKettinglynLys van politieke partye in Suid-AfrikaRaymond Kurzweil16de eeuPuerto RicoSias ReineckeGeskiedenis van Suid-AfrikaEkonomieTaetse HamersmaKnopiespinnekopDroomAnimismeVerslankingHentaiBrasiliëFidjiLys van ingelyfde NG gemeentesKoöperasiestoriesAfrikaanse woordelys en spelreëlsAppiese WegGuineeKongo-krisisSirkelGerrie PretoriusJohanna van der MerweIndonesiesAbstraksie (rekenaarwetenskap)EvangelieLiesbreukNarsismeSelfieTuisbladGeskiedenis (vakgebied)MotorvoertuigAbantu Batho CongressLeeuIsaac AlbenizOrale seksOrgasmeLys van visseSeePous Celestinus IIIFrederik Willem de KlerkJoaquin PhoenixNasireërBlourokkeKonjunktivitisArmeniëCleopatra VIINoorweëBaskelandGeologieTrevor NasserJohannesburgPous Gregorius XVIGeelslangElim, LimpopoAbdomen🡆 More