Rina Venter

Dr.

Elizabeth "Rina" Venter (gebore 9 Desember 1938, Krugersdorp) was die minister van nasionale gesondheid en gesonheidsontwikkeling van Suid-Afrika vanaf 1989 tot 1994. Nadat sy matrikuleer het aan Hoërskool Carletonville, het sy aan die Universiteit van Pretoria Sosiale Wetenskappe studeer. Na haar studies, was sy vir 20 jaar werksaam as maatskaplike werker.

Rina Venter

Minister van Gesondheid
Ampstermyn
1989 – 1994
President Frederik Willem de Klerk
Voorafgegaan deur Willie van Niekerk
Opgevolg deur Nkosazana Dlamini-Zuma

Persoonlike besonderhede
Gebore 9 Desember 1938 (1938-12-09) (85 jaar oud)

Sy het gedien in die Nasionale Partyregering van FW de Klerk, en was die eerste vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis met 'n pos in die kabinet. Die ondervinding wat Venter opgedoen het was onder andere gesinsorganisering, bystand aan ongehude moeders, aannemingswerk, groepwerk met gedragsmoeilike dogters, alkoholisme, huweliksberading, beleidsontwikkeling, finansiële beplanning en organisering van maatskaplike dienste. Sedert 1980 tot 1984 was Venter die presidente van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, roterende voorsitter van die Federale Vroueraad, asook voorsitster van die Federale Vroueraad-Volksbelang ('n koördineringsraad van 28 Afrikaanse vroue).


Openbare aanstellings

Vanaf 1982 tot 1984 was Venter 'n lid van die SAUK Raad, asook die Noord-Transvaalse welsynsraad en later die Suid-Afrikaanse Welsynsraad. In hierdie tydperk dien sy ook op die raad van Pretoria Technikon (nou Tswane Universiteit van Tegnologie) en sy was ook 'n lid van die Nasionale Behuisingskommissie, asook die Uitvoerende Raad. In September 1984, word Venter benoem tot lid van die Parlement. Venter was ook die stigterslid van die Transvaalse Afrikaanse Skole Ouerverening en was die spreker by nasionale kongresse en konferensies om oor die onderwerpe: Welsynsbeplanning, vakkundige hulpverlening te bied en om oor vroue en kindersake te gesels.

In Februarie 1987 is Venter aangestel as die Ministriële Verteenwoordiger van die Ministersraad. Haar opdrag was om onderwys en kultuur, plaaslike bestuur en behuising, gesondheid en welsynsdienste en begrotingsdienste te verbeter en uit te brei. In September 1989 is sy as kandidaat van die Nasionale Party verkies om deel te wees van die algemene verkiesing, waarvan sy die kiesafdeling ook toe gewen het. Venter word die eerste vrou wat aangestel is as minister vir Nasionale Gesondheid en Welsynsdienste in die Suid-Afrikaanse Kabinet, van September 1989 tot Mei 1994. Vanaf Januarie 1995 tot Junie 1996 is Venter die amptelike raadgewer vir FW de Klerk, uitvoerende vise-president van die Parlement. Na 1995, tree Venter uit alle openbare aanstellings.

Parlementêre werksaamhede

Venter het op die Gesamentlike Komitee vir Gesondheid en Welsynsdienste van die Parlement gedien en was ook lid van verskeie departementele studie-groepe van die Nasionale Party, onder andere: staatkundige ontwikkeling; samestelling en ontwikkeling; justisie, plaaslike bestuur, behuising en werke; nasionale gesondheid en bevolkingsontwikkeling.

Beëindiging van segregasie

Op 17 Mei 1990 kondig Venter aan dat die gesondheidsorgstelsel gaan ophou met segregasie. Suid-Afrika se 240 staatshospitale het dienste begin lewer aan mense van alle rasse, maar met minder-as-optimale implementering.

Tabak

Rina Venter 
Rina Venter (links) op 'n sustersaamtrek van die Gereformeerde Kerk. Van links by haar is Dickey Venter, Marlene Viljoen en Annatjie Myburg (eggenote van ds. Andries Myburg van die Gereformeerde kerk Pretoria-Annlin.

Onder druk van opposisiepartye het dr. Venter haar in die openbaar verbind daartoe om tabakwetgewing te laat ondersoek. Die Apartheidsregering het gevestigde sakebelange gehad in die tabakindustrie, en sou dus huiwerig wees om beperkings in te stel. Gevolglik het sy die hulp ingeroep van 'n groep uit die burgerlike samelewing, die Tabakaksiegroep, om openbare en mediaondersteuning vir die teenrookpogings te versterk. Ná oorleg met die pro- en anti-tabakdrukgroepe, het Venter besluit om die Wetsontwerp op die Beheer van Rook en Reklame van Tabakprodukte voor te lê.

Dit sou haar die mag gee om rook in sekere openbare plekke te beperk, dit 'n misdryf maak om sigarette aan persone jonger as 16 te verkoop, en sou verder beperkings instel soos gesondheidswaarskuwings op advertensies vir tabakprodukte. Die wetsontwerp het weer in 1992 verskyn as die wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte, en is tot 1993 deur die regering uitgestel. Dit is uiteindelik deur die parlement goedgekeur op 17 Junie 1993.

Venter het erkenning ontvang vir haar werk om die gebruik van tabak te bekamp met 'n toekenning van die Amerikaanse Kankervereniging.

MIV/vigs

Haar departement het 'n uitgebreide en gedetailleerde plan opgestel om op die opkomende vigspandemie te reageer. Dit is egter gekniehalter weens 'n gebrek aan befondsing. Sy het later haar opvolgers, by name dokter Manto Tshabalala-Msimang, gekritiseer omdat hul van dié plan afgesien het.

Verwysings

Tags:

Rina Venter Openbare aanstellingsRina Venter VerwysingsRina Venter19389 DesemberHoërskool CarletonvilleKrugersdorpSuid-AfrikaUniversiteit van Pretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AnilingusAustraliëAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeNoordwesDeelstate van die Verenigde State van AmerikaTennisMolekuulSuid-Afrikaanse GrensoorlogHemelvaartsdagAboriginesSeksEreksieFranse RewolusieMandalaLys van politieke partye in Suid-AfrikaAarde se atmosfeerVlag van Suid-AfrikaJan van TonderNaaldekokerFrederik Willem de KlerkRassisme in AfrikaWes-KaapTweede WêreldoorlogLeierKuberkrakerBewussynTekstielAspoestertjieRobbeneilandWatersuiweringVersamelnaamWiskundeKondensasieBraaiKlimaatveranderingAfrikaGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaDataverwerkingKostuumsSuid-EuropaVersoeningsdagMusiekEmfiseemKindersiektesBeaufortskaalJeuksiekteBrittany Ashton HolmesEkostelselKaliumSoweto-opstandGregoriaanse kalenderGeelsugMuishondLys van Afrikaanse digtersUniegebouWiki CommonsPenisEkonomieJacques LootsSoutsuurVarkKletsrymConsolidated B-24 LiberatorVerkleurmannetjieWerkwoordKinderregteSpringbokGoogleRenosterVlinderAardbewingGesondheidSomerWêreld- Ekonomiese ForumMuskietChristiane Jaccottet🡆 More