Stephen Harry Eyssen

Stephen Harry Eyssen (23 Mei 1890 – 11 April 1981) was 'n bekende Suid-Afrikaanse bariton en komponis.

Hy is op 23 Mei 1890 op Montagu in Kaapland gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch in die wetenskap gestudeer. Terselfdertyd het hy hom egter ook op die studie van musiekteorie, sang, orrel en klavier toegelê.

Stephen Eyssen
GeboortenaamStephen Harry Eyssen
Gebore(1890-05-23)23 Mei 1890
Montagu, Kaapkolonie
Sterf11 April 1981 (op 90)
GenresOpera
Beroep(e)Bariton en komponis

Eyssen word vandag beskou as 'n komponis wat baanbrekerswerk ten opsigte van die Afrikaanse lied gedoen het. In hierdie opsig word sy bekende Segelied (1914), wat onder meer in 1975 tydens die Afrikaanse Taalfees en die inwyding van die Afrikaanse Taalmonument by die Paarl uitgevoer is, as 'n mylpaal beskou. Hy is ook die komponis van Uit die Chaos van die Eeue (1931) en het 'n belangrike bydrae gelewer as mederedakteur van die FAK Volksangbundel (1937). Sy Ons Boerwording 1486–1949, 'n "geskiedkundige sangbeeld" vir soliste, koor en orkes op  werke.

Daarbenewens is Bede vir elke Dag (vir koor en klavier, op sy eie teks), Bybelkantate (vir koor en klavier of orrel), Fugit Imago (vir stem en klavier, op 'n teks van D.F. Malherbe) en Gebed (vir koor en klavier, op 'n teks van J.H. Pienaar) werke van belang. Stephen Eyssen was 'n groot krieketgeesdriftige en het 'n groot bydrae gelewer tot die vertaling van krieketterme in Afrikaans. Stephen Eyssen is op 11 April 1981 oorlede.

Bron

  • Malan, Jacques: Segelied - Die Lewe en Werk van Stephen Harry Eyssen. In: Lantern. Tydskrif virKennis, Kuns en Kultuur. Jaargang 31, nr. 3, Julie 1982
  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-45-1 band

Tags:

18901981KaaplandKlavierKomponisMontaguOrrelSangkunsSuid-AfrikaUniversiteit Stellenbosch

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SamestellingGeldBosluisbytkoorsBloedgroepEkonomieYsterAnale seks8 AprilLeeuAnale kankerMorfeemHokkieSkaakDuitsToerismeSeksposisieWeeluisLetterlike en figuurlike taalgebruikNederlandsAppendiksPaaseierMuishondCleopatra VIIPerdQR-kodeSaoedi-ArabiëByvoeglike naamwoordTarentaleOlimpiese godeFredi NestVrugbaarheidDeon GrootLys van bekende Suid-AfrikanersAarverkalkingNelson MandelaSuiwelprodukKoöperasiestoriesSoogdierElsabé DaneelKunsChris BlignautKruisigingTaalwetenskappeLianie MayISO 8601NaaktheidPfizerLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaWikiBloeddrukSwartbewussynsbewegingDigvormKunsmatige intelligensieVersamelnaamMuisvoëlEkologiePornografieAuschwitz-konsentrasiekampVergasserEmfiseemWhitey BassonBek-en-klouseerAfrikaanse WikipediaKeiskammahoekSpaanse trappeBruin menseTsongaAalwynWindkragLys van elemente volgens simboolWaterpokkies🡆 More