Spieshert: Soort takbok

Die spieshert (Mazama) is ’n genus van herte.

Hulle is medium tot klein en word in die Yucatan-skiereiland, Sentraal- en Suid-Amerika en die eiland Trinidad aangetref. Die meeste spesies kom in woude voor. Hulle lyk soos die duiker van Afrika en die moentjak van Asië, maar is nie verwant nie. Daar is nege spesies.

Spieshert
Spieshert: Beskrywing, Verwysings, Eksterne skakels
Grys spieshert (M. gouazoubira).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Mazama
Spesies

Sien teks.

Die genusnaam is afgelei van die Sentraal-Mexikaanse woord mazame, die meervoud van mazatl, "hert".

Beskrywing

Die spieshert is klein tot medium, na gelang van die spesie, met stewige lywe en groot ore. Die lengte sonder die stert is 60 tot 144 cm, die skouerhoogte 35 tot 80 cm en die gewig 8 tot 48 kg. Die buitengewoon groot M. americana kan egter tot 65 kg weeg. As hulle gewei (horings) het, is dit klein en eenvoudig. Die pels wissel van rooierig of bruin tot grys.

Spesies en habitat

Die taksonomie van die Mazama-spesies het in die afgelope dekade aansienlik verander. Tot 1999 is net vier erken: M. americana, M. gouazoubira, M. rufina en M. chunnyi. Verskeie subspesies is intussen verhef tot volwaardige spesies sodat daar nou nege erken word in Mammal Species of the World (2005):

  • M. americana
  • M. bororo
  • M. bricenii
  • M. chunyi
  • M. gouazoubira
  • M. nana
  • M. pandora
  • M. rufina
  • M. temama

Die spesies kan rofweg in vier groepe verdeel word volgens grootte, kleur en habitat:

  • M. americana en M. temama word gewoonlik in woude aangetref. Hulle is relatief groot tot medium met ’n rooierige pels. Die kop, nek en bene is gewoonlik gryserig tot swarterig.
  • M. gouazoubira en M. pandora kom in woude, boslande en struiklande voor. Hulle is van mediumgrootte met bruinerige tot gryserige pelse.
  • M. nana, M. bricenii, M. chunyi en M. rufina hou in woude en hooglandgraslande. Hulle is medium tot klein en die pels is rooierig.
  • M. bororo word in die Atlantiese woude van Suidoos-Brasilië aangetref. Hulle is wat grootte betref tussen M. americana en M. nana.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Spieshert BeskrywingSpieshert VerwysingsSpieshert Eksterne skakelsSpieshert

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Islamitiese mitologieLewerGeslagsorgaanWerkwoordKindersiektesTrappe van vergelykingTuberkuloseMensBaardskeerder-spinnekopNarsismeWet op NaturellengrondHerpes simplexPoësieSharpeville-slagtingTweede WêreldoorlogSonkragSwawelHeks van HexrivierUniversiteit StellenboschApostoliese GeloofsbelydenisAfrikaanse taalleerNoag se arkGewone slakvreterDie GeloftePlatoSmall HandsRatelKoorsPieter StraussPersoon (taalkunde)Slawerny2024 Formule Een-seisoenRacheltjie de BeerMenslike seksuele gedragHondKrieketVolhoubare ontwikkelingHartaanvalDoelwitRuslandOekraïneGriekwa-AfrikaansNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaNkosi Sikelel' iAfrikaSosiale transformasieDurbanRookgewoonteNasionale VrouemonumentNazi-DuitslandGeskiedenis van AfrikaansYsterVoorvoegselMynie GrovéArmoedeverligtingLidwoordKersfeesBorsvergrotingPampoentjiesKorrupsieCarles PuigdemontHelpmekaar-kollegeBTWKaliumSelfstandige naamwoordFrankrykGeskiedenis van erotiese afbeeldingsNarsistiese persoonlikheidsteuringSoogdierPenisverlengingUitwerking van klimaatsveranderingInfeksie🡆 More