Shamwari-wildreservaat is 75 km buite Gqeberha (Port Elizabeth), in die Oos-Kaap van Suid-Afrika geleë.
Dit is in 1992 gestig en vir etlike opeenvolgende jare as die wêreld se voorste safari- en wildreservaat- en bewaringsmaatskappy aangewys.
Shamwari-wildreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Naaste dorp | Gqeberha |
| |
Koördinate: 33°28′42″S 26°2′6″O / 33.47833°S 26.03500°O 26°2′6″O / 33.47833°S 26.03500°O | |
Oppervlak | 25 000 hektaar |
Openingsjaar | 1992 |
’n Noodsaaklike fokus is die bestuur, ontwikkeling en rehabilitasie van ’n ekosisteem wat ná baie jare van boerdery na ’n meer natuurlike toestand teruggekeer het.
Die reservaat is in 2005 met die Global Nature Fund-toekenning vir Beste Bewaringspraktyk bekroon.
Die Britse TV-reeks Safari School is hier verfilm. Die Animal Planet-reeks getiteld "Shamwari: A wild life" is ook by die wildreservaat verfilm. Die vertoning het tonele agter die skerms by die reservaat uitgelig.
Die Born Free-stigting finansier gesamentlik 'n heiligdom by Shamwari wat lewenslange sorg gee aan verskeie leeus en luiperds wat in swak toestande in sirkusse of dieretuine regoor die wêreld gevind is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Shamwari-wildreservaat, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.