Seilvis

Die Seilvis (Istiophorus platypterus) (Engels: Sailfish) word aangetref vanaf Valsbaai tot verby Maputo tot by die Rooisee en die Persiese Golf.

Dit kom ook voor in die Indiese-Pasifiese area. Dit kom in die oopwater voor en word veral langs die KwaZulu-Natalse kus gevang.

Seilvis
Seilvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Istiophorus

Lacépède, 1801
Spesie:
I. platypterus
Binomiale naam
Istiophorus platypterus
(Shaw, 1792)

Identifikasie

Dit is 'n snawelvis met 'n groot rugvin wat soos 'n seil lyk. Dit word tot 3m lank en weeg 65 kg. Die wêreldrekord is 100 kg en gevang by die Galapagos-eilande in 1947. Die vis het 'n lang slanke lyf met die eerste dorsale vin wat groot, lank en donkerblou is. Die middelste stekels is die langste van dié vin. Daar is 42 tot 49 stekels in die eerste dorsale vin. Die kop en lyf is donkerblou aan die bokant en silwerig aan die onderkant. Daar is 'n reeks van ongeveer twintig vertikale strepe wat uit ligblou kolletjies bestaan op die kante van die lyf.

Habitat en gewoontes

Die vis is 'n pelagiese vis maar word meer dikwels oor die kontinentale banke gevind. Hulle verkies subtropiese water. Hulle is roofvisse wat 'n verskeidenheid visse vreet: sardyne, ansjovis, makriel, dorado. Die visse jag in groepe saam.

Die vis se vleis is donkerrooi en nie so smaaklik soos dié van marlyn nie.

Sien ook

Bronne

Eksterne skakel

Tags:

Seilvis IdentifikasieSeilvis Habitat en gewoontesSeilvis Sien ookSeilvis BronneSeilvis Eksterne skakelSeilvis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DramaMidde-OosteWiskundeByung-Chul HanOudtshoornHernubare energieMondSatellietSeksualiteitJakobBalletAardeWikiVarkgriepGeldeenheidImpakte van toerismeTemperatuurBloutongsiekteDriedimensioneelVolhoubaarheidNavorsingGalileo GalileiVoorvoegselGoudVergelykings (taalkunde)CorioliskragWapen van NamibiëJakkalsGeslagSanskritLondenSeksuele opwekkingBestuiwingSosiale mediaPerdReg tot ‘n gesonde omgewingMark (ekonomie)BraaiVoedingSelfstandige naamwoordHeks van HexrivierFranse RewolusieVrystaatVoëlStilleweCristiano RonaldoGrondStaalJagluiperdTelkomJodeErektiele disfunksieSendelingposisieGoeie VrydagLeierskapKindermishandelingHaasAlkoholismePinksterJohannesburgWaterEk is 'n Afrikaan (toespraak)HulpwerkwoordPersNierAppendiksVarkGasGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaJeuksiekteInfeksieToerismeAnale seksVerkleinwoordMaroela Media🡆 More