Robbie Klay

Robbie Klay is 'n Afrikaanse sanger en akteur.

Hy sing al van vyfjarige ouderdom en sy eerste album, Kan 'n man dan nie, is uitgereik toe hy slegs 9 jaar oud was. Sy debuut as akteur was in die Afrikaanse TV-drama "Amalia", waar hy die rol van Buks van Wyk, Amalia se seun vertolk het. Hy het ook al op verskeie aktualiteitsprogramme soos Kwela, Geraas, Voorblad en KTV verskyn.

Robbie Klay
Gebore20 Junie 1986 (1986-06-20) (37 jaar oud)
Pretoria, Suid-Afrika
GenresPop, country
Beroep(e)Sanger, akteur
InstrumenteStem
Jare aktief1997–2011
Webwerfrobbieklay.com

Biografie

Klay is op 20 Junie 1986 in Pretoria, Suid-Afrika gebore. Hy het kuns en drama studeer by die Pro Arte Hoërskool in Pretoria. Klay het dramakursusse voltooi in 2003 aan die Technikon Pretoria, en in 2007 by TVI Actors Studio in Los Angeles, Kalifornië.

Sy buite-egtelike dogtertjie, Jaydhen, is gebore toe hy 15 jaar oud was.

Klay het in 2008 'n saak van seksuele molestering teen medesanger Jurie Els aanhangig gemaak. In sy finale uitspraak het regter Chris Eksteen Klay se getuienis as onvoldoende afgemaak en Els vrygespreek. In September 2010 het Naledi Uitgewers Jurie Els se outobiografie "Ver van Vrede" uitgegee. Een derde van die boek is aan die hofsaak afgestaan en Els haal direk uit die amptelike hooggeregshofrekord aan.

In Desember 2010 word Klay 'n tweede keer pa nadat hy 'n 15-jarige skoolmeisie swanger gemaak het.

Diskografie

Sy albums:

  • Kan 'n man dan nie (1997)
  • My Naam Is Robbie (1998)
  • Tokolosh (1999)
  • Ek hou van jou (2000)
  • Ra Ta Ta (enkelspeler, 2003)
  • Iko iko...net vir jou! (2003)
  • Treffers (1997–2003)
  • Nuwe Dag (2005)
  • Hier by my (2006)
  • Collections (2007)
  • Ek is hier... (2008)

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Robbie Klay BiografieRobbie Klay DiskografieRobbie Klay VerwysingsRobbie Klay Sien ookRobbie Klay Eksterne skakelsRobbie KlayAfrikaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LuiperdSinoniemMisdaadromanJaarBosbokBreinvliesontstekingTweede VryheidsoorlogPlaattektoniekWoordsoortLandbouReënspinnekopEthiopiëAnilingusMondFinansiële staat23 AprilMonopolieKerngeneeskundeVeerBrandbergWolkSuikersiekteKersfeesSkynprivaatnetwerkDirekte en Indirekte redeMobutu Sese SekoSteenkoolJo BlackSkoenlapperLys van Nederlandse skildersKondensasieVerkoueKalsiumMusiekLewerSkarlakenkoorsKoerantWoestynWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaKunsmatige intelligensieBybelAbstraksie (rekenaarwetenskap)PikkewynCarike KeuzenkampWikiKameelperdMeningsverskil oor aardverwarmingIntensiewe vormWitbloedselDie GelofteVoedselkettingBeesvleisAntisemitismeSwart menseSimmetrieSpreeuXenofobie in Suid-AfrikaRina HugoGawes van die Heilige GeesBoelierySpringbokkeKolorektale kankerBladwisselendSiekteXhosaBeesLys van Kaapstad se voorstedeFrankrykSoogdierAtriale fibrillasieBreinkaartVormNiersteenGeboorteNaaldekokerBestuiwing🡆 More