Philo Farnsworth

Philo Taylor Farnsworth (19 Augustus 1906 – 11 Maart 1971) was 'n Amerikaanse uitvinder en televisie-pionier.

Hy het etlike deurslaggewende bydraes tot die vroeë ontwikkeling van televisie gelewer. Hy is miskien beste bekend vir sy uitvinding van die eerste ten volle funksionele, en volkome elektroniese beeldopvangstoestel ('n videokamerabuis, wat toe 'n "beeldontleder" genoem is), benewens die eerste ten volle funksionele en volledige, en volkome elektroniese televisiestelsel. Hy was ook die eerste persoon om so 'n stelsel aan die publiek te demonstreer. Farnsworth het 'n televisiestelsel ontwikkel, volledig met ontvanger en kamera, wat hy van 1938 tot 1951 kommersieel vervaardig het in die firma Farnsworth Television and Radio Corporation.

Philo T. Farnsworth
Farnsworth in 1939
Gebore(1906-08-19)19 Augustus 1906
naby Beaver, Utah, V.S.A.
Sterf11 Maart 1971 (op 64)
NasionaliteitAmerikaans
BeroepWerknemer van Philco, Farnsworth Television and Radio Corporation, en International Telephone and Telegraph
Bekend virUitvinder van die eerste ten volle elektroniese televisie; meer as 165 V.S.A. en buitelandse patente
EggenootElma "Pem" Gardner
Ouer(s)Lewis Edwin Farnsworth, Serena Amanda Bastian
Webwerfphilotfarnsworth.com

Later in sy lewe het Farnsworth 'n klein kernversmelting-toestel uitgevind, die sogenaamde "Farnsworth–Hirsch fusor", of bloot die "fusor", wat naamlik ione verhit met behulp van elektrostatiese traagheidsinsluiting, tot by toestande wat geskik is vir kernversmelting. Alhoewel nie 'n praktiese werktuig vir opwekking van kernenergie nie, is die versmelter 'n werkbare bron van neutrone. Die ontwerp van hierdie toestel was al die erkende inspirasie vir ander versmeltingsbenaderings, insluitend algemene benaderings tot versmeltingontwerp soos die Polywell-reaktorkonsep. Farnsworth was die houer van 165 patente, hoofsaaklik in radio- en televisietegnologië.

Verwysings

Tags:

Televisie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Pablo PicassoSpringbokkeHidroëlektrisiteitRugbyWaarheid-en-versoeningskommissieAardverwarmingKrimpvarkieAmhariesLeierskapVraag en aanbodAfrikaanse WikipediaTarentaleKommaWêreld- Ekonomiese ForumHoofkarakterWapen van NamibiëSkarlakenkoorsBoerboelPlaattektoniekAluminiumSekondêre sektor van die ekonomieSwart menseWerkersdagPersoon (taalkunde)DeelwoordWikiWitbloedselSuiwelprodukMiltEuropaMadison IvyLys van Suid-Afrikaanse musikanteGrootste rampe in Suid-AfrikaKhoikhoiFacebookNatuurrampEiffeltoringMorfologie (taalkunde)Wêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaOrtopedieKoerantHindoeïsmePenisKernkragViëtnamLieweheersbesieWaterVerlede tydJohan BadenhorstNG gemeente JansenvilleLuiperdKoue OorlogVerenigde State van AmerikaBlaarJohannesburgEienaamGawes van die Heilige GeesMieliestronkJansenvilleKoolhidraatAl-FatihaAngina pectorisKorrupsieBeroerteBrongitisNetbalMisdaadFiela se kindPerdebyeDiarreeAfrikaStikstofWerwelkolomKerrie🡆 More