Paul Laurence Dunbar (27 Junie 1872 - 9 Februarie 1906) was 'n Amerikaanse skrywer.
Paul Laurence Dunbar | |
---|---|
Paul Laurence Dunbar in ongeveer 1890 | |
Gebore | Paul Laurence Dunbar 27 Junie 1872 Dayton, Ohio, VSA |
Sterf | 9 Februarie 1906 (op 33) Dayton, Ohio, VSA |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Digter en skrywer |
Dunbar was die seun van 'n voormalige slaaf van Kentucky. Hy het die hoërskool in Dayton bygewoon, waar hy die enigste Afro-Amerikaner in sy klas was. Een van sy klasmaats was Orville Wright, vir wie se familie Dunbar se ma gewerk het. Reeds tydens sy skooldae het hy 'n literêre talent getoon, was lid van die letterkundekring en het die skoolkoerant geredigeer. Met die ondersteuning van die Wright-broers kon hy sy eerste koerant, The Dayton Tattler, publiseer.
Ná hoërskool het finansiële omstandighede hom gedwing om as hysbakoperateur te werk. Op 'n vergadering van die Western Association of Writers in 1892, het hy op uitnodiging van 'n voormalige skoolonderwyser gedigte voorgedra en het so 'n indruk gemaak dat hy 'n aanbevelingsbrief van die bekende digter James Whitcomb Riley ontvang het. In dieselfde jaar publiseer hy sy eerste digbundel Oak and Ivy. Nadat hy na Chicago verhuis het, het hy Frederick Douglass daar ontmoet.
Dunbar se gedigte het in bekende koerante, soos The New York Times, verskyn. Sy tweede digbundel Majors and Minors (Majors staan vir tekste in standaard Engels en Minors vir tekste in dialek) het so suksesvol geword dat hy op 'n ses maande lange lesingreis na die Verenigde Koninkryk genooi is. Nadat hy na die Verenigde State teruggekeer het, het hy werk by die Biblioteek van die V.S.A. Kongres in Washington D.C. Daar ontmoet en getroud met die skrywer Alice Ruth Moore. ’n Verdere roman en twee digbundels is in Washington geskryf. Verskeie libretto's is ook gedurende hierdie tydperk geskep. Toe Dunbar in 1898 met tuberkulose gediagnoseer word, het hy na Dayton teruggekeer en hom uitsluitlik aan skryf en lesings gewy. In 1902 het hy van sy vrou geskei.
Dunbar het in sy romans en gedigte, dikwels met behulp van dialek, die ervarings van Afro-Amerikaners en die Ou Suide van die Verenigde State geskilder. Sy uiteenlopende taalgebruik het hom in staat gestel om 'n wye gehoor te bereik.
Paul Laurence Dunbar is in Februarie 1906 op die ouderdom van 33 oorlede. Hy is by die Woodland-begraafplaas en Arboretum in Dayton begrawe.
Wikisource bevat oorspronklike werke deur of oor Paul Laurence Dunbar |
Wikiquote het aanhalings in verband met Paul Laurence Dunbar |
Wiki Commons bevat media in verband met Paul Laurence Dunbar. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Paul Laurence Dunbar, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.