Palinologie (stuifmeelkunde) is die navorsing op die gebied van stuifmeel, spore en bepaalde mikroskopiese planktonorganismes, wat palinomorfs genoem word.
Dit kan lewende asook fossielvorme behels en omvat baie meer as net stuifmeel.
Plantkundiges wat lewende stuifmeel of spore bestudeer bedryf aktuopalinologie, terwyl geoloë wat met fossiele stuifmeel of spore werk paleopalinoloë is.
Die palinologie is belangrik vir die ontginning van ruolie en die olienywerheid het hierdie tak van die wetenskap 'n groot hupstoot gegee.
Palinomorfs is strukture wat van organismes stam en wat mikroskopies van grootte is, sowat 5 tot 500 μm. Hulle het 'n groot weerstand teen die meeste vorme van verrotting en aantasting, behalwe oksidasie. Hulle is meestal opgebou uit stowwe soos sporopollenien en dinosporien, wat hierdie eienskappe besit. Hierdeur is hulle dikwels baie volop in neerslae en afsettingsgesteentes en kan daaruit met sterk sure, basisse of asetolise vrygestel en op digtheid geskei word. Hierdie mikrofossiele kan wande van kiesel, kalk, fosfaat of sellulose besit. Hulle het dikwels in die oseaan of in varswater ontstaan.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Palinologie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.