Orange, Vaucluse

Orange (Franse uitspraak: ​; Provensaalse Oksitaans: Aurenja of Aurenjo in Standaard-Mistraliaans) is 'n commune in die Vaucluse département van die Provence-Alpes-Côte d'Azur gewes in suid-oos Frankryk.

Dit is geleë omtrent 21 km (13 mi) noord van Avignon. Dit beskik grotendeels oor 'n landbou ekonomie.

Orange
Lugfoto van sentraal Orange
Lugfoto van sentraal Orange
Wapen van Orange
Wapen
Koördinate: 44°08′18″N 4°48′35″O / 44.1383°N 4.8097°O / 44.1383; 4.8097 4°48′35″O / 44.1383°N 4.8097°O / 44.1383; 4.8097
Regering
 • BurgemeesterJacques Bompard
Oppervlak
 • Totaal74,2 km2 (28,6 vk. myl)
Orange, Vaucluse
Die Triomfboog van Orange
Orange, Vaucluse
'n Opvoering van Madame Butterfly op 9 Julie 2007
Orange, Vaucluse
Die Romeinse teater in Orange

Bevolking

Met ingang 2018 het die munisipaliteit oor 28,922 inwoners beskik. Die stad van Orange is bevolkingsgewys die tweede grootste munispaliteit (commune) van Vaucluse na Avignon, met Carpentras wat oor die derde grootste bevolking beskik.

Historiese bevolking
JaarInwoners±% p.a.
1793 7 000—    
1800 7 270+0.54%
1806 7 440+0.39%
1821 8 307+0.74%
1831 9 123+0.94%
1836 8 874−0.55%
1841 8 633−0.55%
1846 9 231+1.35%
1851 9 824+1.25%
1856 10 621+1.57%
1861 10 007−1.18%
1866 10 622+1.20%
1872 10 064−0.90%
1876 10 212+0.37%
1881 10 301+0.17%
1886 10 280−0.04%
1891 9 859−0.83%
1896 9 980+0.24%
JaarInwoners±% p.a.
1901 10 096+0.23%
1906 10 303+0.41%
1911 11 087+1.48%
1921 10 766−0.29%
1926 10 799+0.06%
1931 11 956+2.06%
1936 12 946+1.60%
1946 13 978+0.77%
1954 17 478+2.83%
1962 19 912+1.64%
1968 24 562+3.56%
1975 25 371+0.46%
1982 26 499+0.62%
1990 26 964+0.22%
1999 27 989+0.42%
2007 30 025+0.88%
2012 28 948−0.73%
2017 28 919−0.02%
Bron: EHESS en INSEE (1968-2017)

Toeriste aantreklikhede

Die stad is bekend vir sy Romeinse argitektuur. Sy Romeinse teater, die Théâtre antique d'Orange, word beskryf as die indrukwekkendste Romeinse teater in Europa. Die datum van die oprigting van die boog word steeds gedebateer, maar huidige navorsing wat die inskripsie op die boog as afdoende bewyse aanvaar, dui daarop dat die oprigting daarvan tydens die heerskappy van keiser Augustus plaasgevind het. Die boog bevat ook 'n inskripsie wat in 27 n.C. aan keiser Tiberius gewy is, toe dit deur Tiberius opgerig is om die oorwinnings van Germanicus oor die Duitse stamme in die Rynland te vier. Die boog, teater en nabygeleë omgewing is in 1981 deur UNESCO gelys as 'n Wêrelderfenisgebied.

Kultuur

In 1869 is die Romeinse teater gerestoureer. Dit dien sedertdien as die venue van 'n musiekfees. Die fees, wat in 1902 die naam Chorégies d'Orange gekry het, word sedertdien jaarliks gehou en is nou bekend as 'n internasionale operafees.

In 1971 is die "Nuwe Chorégies" begin en het dit oornag 'n internasionale wegholsukses geword. Verskeie van die bekendste internasionale operasterre het in die teater opgetree, waaronder Barbara Hendricks, Plácido Domingo, Montserrat Caballé, Roberto Alagna, René Pape en Inva Mula. Operas soos Tosca , Aida, Faust en Carmen is al hier opgevoer.

Die Romeinse teater is een van drie erfenisterreine waar die Romeinse muur nog besigtig kan word.

Orange, Vaucluse 
Die Meyne-rivier

Susterstede

Orange is die susterstad van:

  • Breda, Orange, Vaucluse  Nederland (1963)
  • Orange, Vaucluse  Byblos, Libanon (2004)
  • Orange, Vaucluse  Diest, België (1963)
  • Orange, Vaucluse  Dillenburg, Duitsland (1963)
  • Orange, Vaucluse  Jarosław, Pole (2000)
  • Orange, Vaucluse  Kielce, Pole (1992)
  • Orange, Vaucluse  Rastatt, Duitsland (1965)
  • Orange, Vaucluse  Spoleto, Italië (1981)
  • Orange, Vaucluse  Vélez-Rubio, Spanje (2004)
  • Orange, Vaucluse  Weifang, China (2004)

Orange vorm die Unie van Oranje-stede saam met Breda, Diest en Dillenburg.

Klimaat

Oranje beskik oor 'n bedompige subtropiese klimaat, met nèt te veel reënval in die somer om 'n mediterreense klimaat-klassifikasie te hê. Somers is warm en relatief droog. Die meeste reënval kom in die lente en herfs voor, hoewel dit gepaardgaan met lae temperature. Winters is nie te straf nie, maar ryp en sneeu is nie ongehoord nie. Op 28 Junie 2019 het die temperatuur 41,0 ° C behaal.

Verwysings

Eksterne skakels

Toerisme-inligting oor (France) Orange (France) op Wikivoyage

Tags:

Orange, Vaucluse BevolkingOrange, Vaucluse Toeriste aantreklikhedeOrange, Vaucluse KultuurOrange, Vaucluse SusterstedeOrange, Vaucluse KlimaatOrange, Vaucluse VerwysingsOrange, Vaucluse Eksterne skakelsOrange, VaucluseAvignonDépartementFrankrykMunisipaliteitOksitaansProvence-Alpes-Côte d'AzurProvensaalsVaucluse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)AborsieDieregeluideBeesLeestekenNoordwesOos-KaapSuurstofWes-KaapSinoniemLys van Afrikaanse rolprenteEiffeltoringAktuarisMierBeaufortskaalPeperbus, FraserburgNierPerdKriekEngelsSeekoeiLangste woordAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeTweede WêreldoorlogGrondwetEdel Agtvoudige PadDoopLatynBreinvliesontsteking20ste eeuPaddaSuid-Afrikaanse randToekoms van die AardeEben EtzebethBoor (element)MusiekVratDirekte en Indirekte redeVanStikstofUnited Democratic FrontLien se lankstaanskoeneKaapse MaleiersOplossing (chemie)Lys van nedersettings in Suid-AfrikaSimmetrieAsiëHector PietersonAalwynLys van politieke partye in Suid-AfrikaFotosinteseGeelhoutMonoloogWortelkanaalRolprentKonjunktivitisGeprosesseerde kosLionel MessiKlein vyf diereSkildklierLabia (geslagsdele)VoorsetselDokterHoofletterXhosaGoudBaarmoederGeskiedenis van erotiese afbeeldingsKlimaatsverandering in Suid-AfrikaNatuurrampEkonomieHondCholeraSonnestelselPrimêre sektor van die ekonomie🡆 More