Naval Hill: Heuwel in Bloemfontein, Suid-Afrika

Naval Hill is 'n platoagtige heuwel in die middel van Bloemfontein, die hoofstad van die Vrystaatprovinsie.

Naval Hill het sy naam te danke aan twee Britse vlootkanonne wat bo-op aangetref word. Sy oorspronklike naam was Bloemfonteinberg, maar dit is hernoem toe Britse vlootpersoneel hier gedurende die Tweede Vryheidsoorlog gestasioneer was.

Naval Hill: Heuwel in Bloemfontein, Suid-Afrika
Die Kerkstraat in Bloemfontein met die Tweetoringkerk op die einde van die straat. Naval Hill op die agtergrond. (Foto vanuit die suide – omtrent 1900.)
Naval Hill: Heuwel in Bloemfontein, Suid-Afrika
Uitsig oor Bloemfonein vanaf Naval Hill.

Naval Hill verskaf mooi panoramiese uitsigte oor Bloemfontein en is die hoogste punt in 'n redelike plat omgewing. Die area beslaan 192,5 hektaar wat die Franklin-natuurreservaat huisves. Dit is die enigste natuurreservaat binne 'n stadskern in Suid-Afrika en in 1930 deur 'n voormalige burgemeester daargestel.

Die Lamont-Hussey Sterrewag is in 1928 gebou en bo-op Naval Hill geleë. Dit was destyds onder die eienaarskap van die Universiteit van Michigan in die VSA, maar het in 1974 gesluit. Dit is later omskep in 'n kleinteater genoem die Sterrewag Teater.

Teen die suid-oostelike hange van Naval Hill is 'n wit perd in klip uitgelê. Dit is geskep deur die troepe van Wiltshire Remount Depot gedurende die Tweede Vryheidsoorlog en het gedien as 'n landmerk vir terugkerende Britse troepe van die slagvelde.

Eksterne skakels

Tags:

BloemfonteinTweede VryheidsoorlogVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HoofstadVraag en aanbodVenda (taal)Nasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSelfmoordSeksualiteitArmoedeverligtingLys van Suider-Afrikaanse soogdierePretoriaTelevisiePubliekGroot DepressieJapie GreylingWoordsoortVoornaamwoordErica BoyerRudi ClaaseSint JorisdagVolhoubaarheidKlankYouTubeSokkerLys van slangeArabiesLys van chemiese elemente volgens atoomgetalGrondwetToerisme22 NovemberMilitêre diensplig in Suid-AfrikaNiemetaalSeekoeiKlopjagAl-FatihaSwart nasionalismeWet op NaturellengrondSpelerposisies in rugbyAkademiaSwart menseFiela se kindDiarreeMoedersdagOutismeSweedsSinoniemAndrew DavisKultuurDigvormMantisVerkragtingSias ReineckeBloedsomloopstelselPlaattektoniekGautengEskomArabies-Israeliese konflikWaterbesparing in Suid-AfrikaOlifantReënLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameDepressie (gemoedstoestand)AB de VilliersBloeddrukGeboorteSlag van BloedrivierHamburgerVerstedelikingChristiaan Frederik BeyersAmateurradioLettergreepTurkyeSteenkool in Suid-AfrikaDigtheidWilna SnymanLuiperdAngolaSelfstandige naamwoord🡆 More