Nrc Handelsblad: Nederlandse koerant

NRC Handelsblad, dikwels afgekort as NRC, is 'n Nederlandse dagblad wat gepubliseer word deur NRC Media.

Dit word algemeen beskou as Nederland se "koerant van rekord".

Nrc Handelsblad: Geskiedenis van Algemeen Handelsblad en Nieuwe Rotterdamsche Courant, Joernaliste, Verwysings
Voorblad van die 10 Mei 1940-uitgawe van die Algemeen Handelsblad.
Nrc Handelsblad: Geskiedenis van Algemeen Handelsblad en Nieuwe Rotterdamsche Courant, Joernaliste, Verwysings
'n Paar manne sit en lees die Algemeen Handelsblad
Nrc Handelsblad: Geskiedenis van Algemeen Handelsblad en Nieuwe Rotterdamsche Courant, Joernaliste, Verwysings
'n Byvoegsel uit 1898 met Prinses Wilhelmina en haar vader

Die NRC Handelsblad is die eerste keer op 1 Oktober 1970 gepubliseer, na die samesmelting van die Amsterdamse koerant Algemeen Handelsblad (In 1828 gestig deur J.W. van den Biesen) en die Rotterdamse Nieuwe Rotterdamsche Courant (In 1844 gestig deur Henricus Nijgh). Die koerant se slagspreuk is Lux et Libertas – Lig (verwysende na die Verligting) en Vryheid.

In Februarie 2006 het NRC Handelsblad met 'n oggendblad genaamd nrc•next begin om meer belese lesers te lok wat nie elke dag 'n koerant lees nie. Folkert Jensma is op 12 Desember 2006 deur Birgit Donker as redakteur opgevolg. Na 'n dispuut met die nuwe eienaars het Donker op 26 April 2010 bedank. Sy is vervang deur Peter Vandermeersch.

In 2014 was die NRC se oplaag 188,500 eksemplare, wat dit in die 4de plek geplaas het.

In 2015 is die NRC Media-groep deur die Belgiese maatskappy Mediahuis aangeskaf.

Geskiedenis van Algemeen Handelsblad en Nieuwe Rotterdamsche Courant

Algemeen Handelsblad

Die Algemeen Handelsblad was 'n invloedryke Amsterdamse liberale dagblad wat tussen 1828 en 1970 gepubliseer is. Dit is in 1828 gestig deur J.W. van den Biesen, 'n aandelemakelaar. Die koerant het nuus verskaf oor handel, die aandelemark en banksake. Mettertyd het die koerant ook politieke artikels begin gepubliseer.

Op die kruin van sy gewildheid—vanaf die Tweede Vryheidsoorlog, toe dit 'n voorstander van die Boere se saak was, tot die Tweede Wêreldoorlog—is dit geredigeer deur Charles Boissevain. Die koerant was liberaalgesind.

Nieuwe Rotterdamsche Courant

Die Nieuwe Rotterdamsche Courant was 'n invloedryke Rotterdamse liberale dagblad wat tussen 1844 en 1970 gepubliseer is. Dit is in 1844 deur Henricus Nijgh gestig. Die koerant het in 1970 met die Algemeen Handelsblad saamgesmelt om die NRC Handelsblad te vorm.

Joernaliste

Joernaliste wat vir NRC Handelsblad gewerk het sluit Henk Hofland, Hans van Mierlo, Marc Chavannes, Geert Mak, Karel van Wolferen, Jérôme Louis Heldring, Joris Luyendijk, Marjon van Royen, Derk Jan Eppink, Adriaan van Dis, Ben Knapen en Paul Marijnis in.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Nrc Handelsblad Geskiedenis van Algemeen Handelsblad en Nieuwe Rotterdamsche CourantNrc Handelsblad JoernalisteNrc Handelsblad VerwysingsNrc Handelsblad Eksterne skakelsNrc HandelsbladDagbladNederland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BlourokkeMantisMaselsIdioomRolprentJust NuisanceRookgewoonteNylsvley-natuurreservaatLiewe HeksieSeekatHemelvaartsdagKweekhuisgasSonja HerholdtLidwoordInternet van DingeJagluiperdAprilBuffelKoolhidraatSonenergieLys van Afrikaanse televisiereeksePolitieke partySokkerBlaarMondOranjerivierRooms-Katolieke KerkBesoedelingSwangerskapLandbouHage GeingobSkaakJan BlohmMagneetHemelvaartGeskiedenis van AfrikaansSwamAntieke EgipteTegnologieWinnie Madikizela-MandelaDundermDeelwoordGeelsugKorrupsieLien se lankstaanskoeneAntjie SomersElon MuskEskomSonkragAfrikaanse taalleerVeeartsViëtnamGroot vyfAfrikaanse woordelys en spelreëlsWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaNasionale VrouedagWaterpokkiesLuiperdPankreasAgtergrond (narratief)Koue Oorlog3D-rolprentStereotipeVlekvrye staalMarie AntoinetteStedelike gebiedMenseregteWatersuiweringHipertensieBraaiSeisoenWerkersdagMikro-ekonomieDierLas (rekeningkunde)SkoenlapperGasSuid-Afrika-Wet🡆 More