Ng Gemeente Delportshoop

Die NG Gemeente Delportshoop is ‘n gemeente in die Sinode van Noord-Kaapland.

Beginjare Die omgewing van die Hartsrivier in Griekwaland-Wes is in die beginjare deur leraars van Dutoitspan bedien. Dit het ook die Vaalrivierdelwerye ingesluit. Op 2 Junie 1883 word die Ned. Geref. Gemeente Cathcart-Wes op die skoolplaas Boetsap gestig. Dít is genoem na sir George Cathcart, ’n voormalige goewerneur aan die Kaap. Die naam Wes is daaraan toegevoeg om dit te onderskei van Cathcart in die Oostelike Provinsie. Die nuwe gemeente het ook die inwoners van die Vaalrivier ingesluit. Met die besoek van die ringskommissie aan Boetsap word ds. JD Kestell as eerste konsulent van Cathcart-Wes benoem. In 1888 keur die sinode goed dat die naam van die gemeente na Boetsap verander.

In 1890 gee die ring van Colesberg toestemming dat dit na Klein-Boetsap verander. Die later bekende dr. JD Kestell het moeite gedoen om toe ook die delwers en boere in die omgewing van Barkly-Wes te besoek. Per proklamasie 34, gedateer 28 November 1871 is die diamantgronde van Hebron, Good Hope, Gong-Gong, Union Kopje, Keiskamma, Forlorn Hope, Esterhuisen’sRush, Winters Rush en Delport’s-Hope, in die distrik Barkly-Wes geproklameer. Die proklamasie van die diamantgronde het ’n miernes van menslike bedrywighede tot gevolg gehad. Die alluviale delwerye te Delportshoop het tot ’n delwerskamp ontwikkel. Die kamp is vernoem na ’n sekere mnr. Delport, wat ’n delwer en prospekteerder was. Teen 1931 het die Delportshoopwyk reeds oor ’n kerkgebou, ’n woonhuis “as sendingkerkgebou” en ’n pastorie beskik. In 1943 oorweeg die kerkraad van Barkly-Wes om die gemeente in twee te verdeel. Op 17 Februarie 1945 is die gemeente Delportshoop gestig. Die gemeente het op hierdie stadium 345 lidmate gehad. Ds. CA. van Schalkwyk het die gemeente in tydelike hoedanigheid bearbei. Hy word deur ds. IDJ Murray opgevolg, wat ook in tydelike hoedanigheid die gemeente bedien. Sy traktement was £400 per jaar, ’n “Lewenskoste toelaag volgens onderwysskaal” en inwoning is vry. Op 22 Junie 1946 word ds. Murray beroep. Broer W Kleingeld se huis is aanvanklik gehuur om as pastorie te dien. Op 7 September 1946 is besluit om die “huis en eiendomme” van mnr. PW Buys as pastorie vir die gemeente aan te koop.

Predikante: I D J Murray 1946 – Bronne Van der Merwe, G. 1993. Onverganklike rykdom: Nederduits-Gereformeerde gemeente Barkly-Wes 1918-1993

Kyk ek kom gou!: NG Gemeente Delportshoop – 1945-1995

Bronne

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

FacebookBostonBreingewasVerenigde NasiesHoofstadGoeie VrydagErns GrundlingErektiele disfunksieRanger 5DoziKrieketEwenaarURIKettinglynKrokus Stadsaal-aanvalAfrikaanse gesegdes uit die MiddeleeueBrahmaputraNarkoseEpilepsieSluipmoord16de eeuEmiraat DirijaAfrikaanse naguilChristiaan VI van DenemarkeBolsjewisCecilia Payne-GaposchkinHoenderrasseVermaakIlya SutskeverPous LinusGurbanguly BerdimuhamedowHipoteseAbstraksie (rekenaarwetenskap)Alcatraz-eilandDansFriedrich Schleiermacher2024Cencio SavelliFalklandeilandeAmenemhat ILys van Afrikaanse rolprenteGodsdiensKatAppel (sanger)Bruin menseAbrahamitiese geloweOogproblemeRomeinse provinsieAreolaWoordEkonomiePous Innocentius IIHoër Landbouskool BolandKnopiespinnekopMinervaRepubliek ChinaPanama-dokumenteBloedplaatjieNapoleon I van FrankrykLys van kleureVictoria AzarenkaKrampAntoniemPampoentjiesF.W. de KlerkBulgaryeThe SimpsonsAmber HeardRicus NelBloeddrukJo Black🡆 More