Ngc 4435 En Ngc 4438

NGC 4435 en NGC 4438, ook bekend as Arp 120, is twee interaktiewe sterrestelsels sowat 52 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Maagd.

NGC 4435 en NGC 4438
NGC 4435 (onder) en NGC 4438 (bo). Bron: ESO
NGC 4435 (onder) en NGC 4438 (bo). Bron: ESO
Soort stelsel Interaktiewe sterrestelsels
Sterrebeeld Maagd
Tipe SB0 / SAb
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 12h 27m 45.6s
Deklinasie +13° 00′ 31″
Skynmagnitude (m) 10
Absolute magnitude (M) 12
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 52 miljoen
Ander name Arp 120
Lugkoördinate
12h 27m 45.6s, +13° 00′ 31″
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

NGC 4435

NGC 4435 is ’n lensvormige staafsterrestelsel met relatief jong sterre van sowat 190 miljoen jaar in sy sentrale streke wat deur die Spitzer-ruimteteleskoop ontdek is en wat kon ontstaan het vanweë die wisselwerking met NGC 4438. Die wisselwerking het waarskynlik ook die stelsel se lang getystert veroorsaak, hoewel ander studies daarop dui dat dit ook ’n wolk in die Melkweg kan wees wat nie met NGC 4435 verband hou nie.

NGC 4438

NGC 4438 is die vreemdste interaktiewe sterrestelsel in die Virgo-sterrestelselswerm vanweë die onsekerheid oor die energiemeganisme wat die kernbron verhit; dit kan ’n steruitbarstingstreek wees of ’n aktiewe sterrestelselkern wat sy energie kry van ’n swartkolk.

Dié stelsel het ’n hoogs verwronge skyf met lang getysterte vanweë wisselwerkings met ander stelsels. Dit verduidelik hoekom sommige bronne dit as ’n lensvormige stelsel en ander bronne dit as ’n spiraalsterrestelsel aandui. Daar is ook tekens van ’n uitgebreide maar middelmatige steruitbarsting in die verlede, asook ’n aansienlike gebrek aan neutrale waterstof en ’n verplasing van sy interstellêre medium (atomiese en molokulêre waterstof, stof en warm gas) in die rigting van NGC 4435, wat dui op ’n getywisselwerking met laasgenoemde. NGC 4438 beweeg deur Virgo se intergalaktiese medium teen ’n hoë snelheid, wat verhoog word deur die wisselwerking tussen die twee stelsels.

Wisselwerking met M86

Buiten dié bewyse dat die skade aan NGC 4438 deur ’n botsing miljoene jare gelede met NGC 4435 aangerig is, verbind die ontdekking van verskeie filamente geïoniseerde gas NGC 4438 aan die groot naburige sterrestelsel Messier 86. Gas en stof is ook op laasgenoemde gevind wat van eersgenoemde afkomstig kan wees en dit dui op ’n wisselwerking in die verlede tussen dié twee stelsels. As die digtheid van sterrestelsels in die middel van swerms in ag geneem word, is dit moontlik dat daar ’n wisselwerking tussen die drie stelsels (NGC 4435, NGC 4438 en M86) was.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Ngc 4435 En Ngc 4438     NGC 4433  •  NGC 4434  •  NGC 4435  •  NGC 4436  •  NGC 4437   
Ngc 4435 En Ngc 4438     Arp 116  •  Arp 117  •  Arp 118  •  Arp 119  •  Arp 120  •  Arp 121  •  Arp 122  •  Arp 123  •  Arp 124   

Tags:

Ngc 4435 En Ngc 4438 NGC 4435Ngc 4435 En Ngc 4438 NGC 4438Ngc 4435 En Ngc 4438 Wisselwerking met M86Ngc 4435 En Ngc 4438 GaleryNgc 4435 En Ngc 4438 VerwysingsNgc 4435 En Ngc 4438 Eksterne skakelsNgc 4435 En Ngc 4438AardeInteraktiewe sterrestelselLigjareMaagd (sterrebeeld)Sterrebeeld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DroogteRookgewoonteAngolese BurgeroorlogMalariaPolitieke partyVigsBek-en-klouseerWaterbesoedelingErfenisdag (Suid-Afrika)RooibokKrugerwildtuinWebwerfVisGewasboerdery in Suid-AfrikaKweekhuiseffekMaagSoweto-opstandMagneetLeestekenMartin Luther King jr.Kasteel die Goeie HoopVloeistofSeksuele opwekkingElon MuskBeeldspraakMaagsweerKommunismeTolla van der MerweConsolidated B-24 LiberatorGenadedoodPrimêre sektor van die ekonomieGalblaasAanhalingstekensArabiesCristiano RonaldoMiltBloedsomloopstelselDierEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaKolitisBosluisbytkoorsKoorsblaarDurbanRassisme in AfrikaAnusNederlandsBuffelBlomSikloonVoëlDemi Lee MooreVlinderMenslike skeletVerenigde State van AmerikaLandbouNedersettingTarentaleSpinnekopLys van medisinale kruieKunsWiki CommonsApostoliese GeloofsbelydenisBrugWolkBorskankerWaterkringloopBreinDrinkwatervoorsieningImpakte van toerismeGeldInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandKontinentKaliumKoolhidraatSterWiskundige terminologie🡆 More