Morgan Freeman

Morgan Freeman (gebore op 1 Junie 1937) is ’n Amerikaanse akteur.

Hy het in 2005 ’n Oscar vir beste manlike byspeler gewen vir Million Dollar Baby en is vir Oscars benoem vir sy spel in Street Smart (1987), Driving Miss Daisy (1989), The Shawshank Redemption (1994) en Invictus (2009). Hy het ook ’n Golden Globe en Screen Actors Guild Award gewen. Hy is bekend vir sy kenmerkende diep stem.

Morgan Freeman
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Freeman in 2008.

Geboorte 1 Junie 1937 (1937-06-01) (86 jaar oud)
Aktiewe jare 1964-tans

Loopbaan

Sy eerste rolprent was in Who Says I Can't Ride a Rainbow? (1971), maar hy het die eerste keer in Amerika bekend geword danksy rolle in sepies soos Another World en die kinderprogram The Electric Company Freeman self beskou sy rol as Fast Black in die prent Street Smart (1987) as sy deurbraakrol.

Van die middel 1980's af was hy in groter byspelerrolle, as veral wyse, vaderlike karakters. Hy het daarna in meer bekende prente gespeel soos die chauffeur Hoke in Driving Miss Daisy en sers. Major Rawlins in Glory (albei 1989). In 1994 was hy Red in die hoog aangeskrewe The Shawshank Redemption.

Van die ander treffers waarin hy te sien was, is Robin Hood: Prince of Thieves (1991), Seven (1995), Deep Impact (1998), The Sum of All Fears (2002), Bruce Almighty (2003), The Lego Movie (2014) en Lucy (2014). Freeman is die ster wat die vierde meeste geld inbring: gemiddeld $74,4 miljoen per prent.

Verwysings

Tags:

1 Junie1937AkteurAmerikaDriving Miss DaisyGolden GlobeMillion Dollar BabyOscarThe Shawshank Redemption

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DikdermVoegwoordJudaïsmeLewerLys van chemiese elemente volgens atoomgetalInfrastruktuurGeweldMasizole MnqaselaVisPersentasieNiemetaalRooiwaterVlinderGeslagsgelykheidNasiebouSanskritNieuwoudtvilleLionel MessiGreen PornoNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyJavaScriptMiltWes-AfrikaChemiese verbindingLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLuiperdMenslike seksuele gedragKoolstofGriepHennie MaasNedersettingChinese Grand PrixNaboomWilna SnymanLys van Kaapstad se voorstedeVier temperamenteKersfeesDermpoliepInfeksiePaarl GimnasiumSoweto-opstandBiblioteekSowjetunieErfenisdag (Suid-Afrika)WikibooksLabia (geslagsdele)Wikimedia-stigtingHaasAnglo-BoereoorlogNomina sacraEngelsSlag van BloedrivierWiskundige terminologieHeks van HexrivierFinale OplossingRepubliek VenesiëRob HersovE-posGamelanFamilie (verwantskap)BeurtkragDonkieNatuurlike hulpbronFrankrykVennootskapKoos BekkerMenseregtedagPenisverlengingKrieketKoperNelson MandelaDesimale breuke🡆 More