Die Kokoboom (Maytenus undata) is 'n plant wat as 'n struik of 'n boom kan groei.
In Suid-Afrika kom die boom wydverspeid voor in Gauteng, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, oostelike Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo. Dit is ook inheems in Angola, Botswana, Burundi, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Guinee, Ivoorkus, Jemen, Kameroen, Kenia, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Saoedi-Arabië, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Somalië, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Kokoboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Celastrales |
Familie: | Celastraceae |
Genus: | Maytenus |
Spesie: | M. undata |
Binomiale naam | |
Maytenus undata (Thunb.) Blakelock, (1956) | |
Sinonieme | |
Sien teks. |
In die oop wêreld groei die plant as 'n struik en in woude word dit 'n boom van tot 10 m hoog. Die blare se kleur wissel van liggroen tot donkergroen en het soms 'n wit poeieragtige waslaag op een of aan beide kante. Die blaarrande is duidelik getand en elke tand het 'n klein, harde donkerbruin kliertjie aan die punt.
Die boom se FSA-nommer is 403.
Die boom het 36 sinonieme:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kokoboom, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.