Maydon Wharf

Die Maydonkaai (Maydon Wharf) is ‘n deel van die hawe van Durban.

Dit bestaan uit vasmeerplekke en nywerheidserwe.

Ligging

Die gebied lê suid van die middestad en aan die noordwestekant van Durban se baai, tussen die M4-pad, Maydonweg, die spoorlyne en aan die ander kant die see.

Geriewe

Die meeste van Suid-Afrika se in- en uitvoer gaan deur hierdie hawe en is daarom vir die land van groot ekonomiese belang. Vyftien aanlêplekke vir skepe insluitende ‘n behoueringskaai en ‘n spesifieke suikerterminaal is beskikbaar. Daar is verskeie groot pakhuise, koelhuise, graansuiers en ‘n mangaanhawe. In 1925 is die prins Edward-kalfaatdok geopen.

Geskiedenis

In die eerste dekade van die 20ste eeu, dus dadelik na die Tweede Vryheidsoorlog en net voor die stigting van die Unie van Suid-Afrika, het baie skepe met baie vrag die hawe aangedoen. Daar was ‘n akute tekort aan hawegeriewe en die regering van Natal was verplig om nog kaaie te bou. Gebied by Congella is drooggelê en kanale is uitgebagger om die nuwe hawe met die bestaande hawe te verbind. In Oktober 1906 is die Maydon Wharf geopen.

J.G. Maydon

John George Maydon (*Morehanger, Bedfordshire, Engeland, 14 Oktober 1857 - †Londen, 2 Augustus 1919) was ‘n Natalse sakeman en politikus en later Suid-Afrikaanse politikus.

Bibliografie

Tags:

Maydon Wharf LiggingMaydon Wharf GerieweMaydon Wharf GeskiedenisMaydon Wharf J.G. MaydonMaydon Wharf BibliografieMaydon WharfDurban

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Openbare redevoeringKlein-KarooVeelvuldige skleroseDiplopodaDriedimensioneelVerkoueKerngeneeskundeDeelwoordByvoeglike naamwoordJapanDierRoesLys van landeGedigWewervoëlsPoësieLys van medisinale kruieVoëlSkaapJavaScriptStollingsgesteenteC++KindermishandelingGeldSiembambaKoorsDeon GrootMaatskappyPlastiekLys van nedersettings in Suid-AfrikaLMonopolyKlein vyf diereLiewe HeksieMaagTolla van der MerweWiskundige terminologieMisdaadKragopwekkingAppelHuisvliegSeisoenShakaPeach van PletzenBesoedelingOnderwys in Suid-AfrikaSuiwelprodukWortelkanaalAnale seksRussiese inval in Oekraïne sedert 2022KilometerHondsdolheidArmoedeAkroniemJan BlohmGetalOopbroninhoudDoziHeuningKarlien van JaarsveldLandbou-ingenieursweseXenofobie in Suid-AfrikaAfkortingTrappe van vergelykingOplossing (chemie)Gesonde dieetKersfeesJudaïsmeTierUnited Democratic FrontKapitaal (ekonomie)Narsistiese persoonlikheidsteuringGrondwet van Suid-AfrikaHomofoonDieregeluideNuwe Testament🡆 More