Martha Argerich (Spaanse uitspraak: ; gebore 5 Junie 1941) is 'n Argentynse klassieke konsertpianis.
Sy word wyd gereken as een van die grootste pianiste van alle tye.
Argerich was gebore in Buenos Aires, Argentinië. Haar voorouers aan vaderskant was Kataloniërs wat sedert die 18de eeu in Buenos Aires gebaseer was. Haar grootouers aan moderskant was Joodse immigrante van die Russiese Ryk, wat hulle in Colonia Villa Clara in die Entre Ríos provinsie gevestig het—een van die kolonies wat gestig is deur Baron de Hirsch en die Joodse Kolonisasie Assosiasie-.
Die herkoms van die naam Argerich is Katalaans. Sy het op die ouderdom van drie jaar die klavier begin speel. Op die ouderdom van vyf jaar het sy na haar onderwyser Vincenzo Scaramuzza getrek, wat aan haar die belangrikheid van liriese en gevoelvolle speelwerk beklemtoon het. Argerich het op die ouderdom van agt jaar in 1949 haar buiging gemaak.
Die gesin het in 1955 na Europe getrek, waar Argerich saam met Friedrich Gulda in Oostenryk studeer het. Juan Perón, die destydse president van Argentinië, het hulle besluit moontlik gemaak deur haar ouers aan te stel in diplomatieke poste in die Argentynse Ambassade in Wene. Sy het later studeer saam met Stefan Askenase en Maria Curcio.
Argerich het ook geleenthede waargeneem vir kort periodes van afrigting saam met Madeleine Lipatti (weduwee van Dinu Lipatti), Abbey Simon, en Nikita Magaloff. In 1957 het sy op die ouderdom van sestien beide die Genève Internasionale Musiekkompetisie en die Ferruccio Busoni Internasionale Kompetisie binne drie weke van mekaar gewen. Dit was tydens laasgenoemde dat sy die groot meester Arturo Benedetti Michelangeli ontmoet het, wie sy later na sou uitreik vir lesse gedurende 'n persoonlike artistieke krisis op die ouderdom van twintig jaar, alhoewel sy slegs vier lesse saam met hom gehad het binne die bestek van 'n jaar en 'n half. Haar grootste invloed was Friedrich Gulda, saam met wie sy vir agtien maande gestudeer het.
Argerich het haar debuutkonsert op die ouderdom van 8 gemaak met die speel van Mozart se Klavierconcerto No. 20 in D mineur en Beethoven se Klavierconcerto No. 1 in C majeur.
Argerich het tot internasionale prominensie gestyg toe sy in 1965 op die ouderdom van vier-en-twintig jaar die sewende Internasionale Chopin Klavierkompetisie in Warskou gewen het. In dieselfde jaar het sy haar buiging in die Verenigde State gemaak in die Lincoln Sentrum se "Groot Kunstenaars Reeks".
Sy het in 1960 haar eerste kommersiële opname gemaak, welke werke deur Chopin, Brahms, Ravel, Prokofiëf, en Liszt ingesluit het. Dit is met kritiese lof begroet toe dit in 1962 vrygestel is. In 1967 het sy Chopin se Polonaise, Op. 53 opgeneem.
Argerich het al dikwels in onderhoude opgemerk dat sy "eensaam" voel op die verhoog gedurende solo opvoerings. Sedert die 1980s het sy selde solo opvoerings gemaak, en in stede daarvan gekonsentreer op klavierconcertos en in besonder Kamermusiek en het sy saamgewerk met instrumentaliste in Sonates.
Een noemenswaardige samestelling kombineer Rachmaninoff se Klavierkonsert No. 3 (opgeneem in Desember 1982 met die Radio Symphonie-Orchester Berlyn onder die beheer van Riccardo Chailly) met Tsjaikofski se Klavierconcerto No. 1 (Februarie 1980, Symphonieorchester des Bayerischen Rundfunks onder Kirill Kondrashin).
Argerich het ook die werke van jonger pianiste bevorder, beide deur haar jaarlikse musiekfeeste en deur haar verskynings as 'n paneellid van beoordelingspanele tydens internasionale kompetisies.
Dit was as gevolg van Argerich se optrede dat die pianis Ivo Pogorelić in die internasionale kalklig geplaas was: nadat hy uitgeskakel was in die derde rondte van die 1980 Internasionale Chopin Kompetisie in Warskou, het Argerich hom bestempel as 'n genie, en die paneel uit protes verlaat. Sy het verskeie kunstenaars ondersteun, insluitende Gabriela Montero, Mauricio Vallina, Sergio Tiempo, Roberto Carnevale Gabriele Baldocci , Christopher Falzone en andere.
Argerich is die president van die Internasionale Klavierakademie te Como-meer, en voer gereeld op tydens die Luganofees. Sy het ook die Argerich Musiekfees en Ontmoeting in Beppu, Japan sedert 1996 geskep en was ook Algemene Direkteur daarvan.
Haar weersin van die pers en publisiteit het veroorsaak dat sy vir die grootste deel van haar loopbaan uit die kollig gebly het. Nietemin word sy wyd aangeprys as een van die beste pianiste wat die wêreld al ooit voortgebring het.
Haar opvoering van Liszt se Klavierconcerto No. 1, gedirigeer deur Daniel Barenboim tydens Die Proms in 2016 het aanleiding gegee tot die volgende resensie in The Guardian: "Dit was 'n onvergeetlike opvoering. Argerich het haar vyf-en-sewentigste verjaardag in Junie hierdie jaar gevier, maar daardie nuus blyk nie haar vingers te bereik het nie. Haar speelwerk is steeds skitterend, so skrikwekkend presies soos dit nog altyd was; haar vermoë om gossamer-drade van melodie te draai, is so onverbiddelik as ooit. Dit was onmiskenbaar en onbeskaamd Liszt in 'n grootse gewaad, 'n bietjie oumodies en soms selfs by tye 'n bietjie vulgêr, maar in al hierdie konserte, met Daniel Barenboim en die orkes wat haar elke draai nouliks volg en voorspel, en elke klein lewering 'n skitterende oomblik van uitdrukkingsvolle refleksie, was dit heeltemal gepas."
Sjabloon:External media
Argerich is al drie keer getroud. Haar eerste huwelik aan die Komponis-Dirigent Robert Chen ((zh) ), saam met wie sy 'n dogter, die violis Lyda Chen-Argerich gehad het, het in 1964 geëindig. Van 1969 tot 1973 was Argerich met die Switserse dirigent Charles Dutoit getroud, saam met wie sy 'n dogter gehad het, Annie Dutoit. Argerich maak steeds opnames met en speel steeds saam met Dutoit. In die 1970s was sy ook kortliks getroud met die pianis Stephen Kovacevich, saam met wie sy 'n dogter, Stéphanie, het.
In 1990 is Argerich gediagnoseer met kwaadaardige velkanker. Na behandeling het die kanker in remissie gegaan, maar daar was weer in 1995 'n opwelling gewees, wat uiteindelik gelei het tot metastasis na haar longe en limfkliere. Na eksperimentele behandeling by die John Wayne-kankerinstituut in Santa Monica wat deur onkoloog Donald Morton voorgeskryf is, het Argerich se kanker weer in remissie gegaan. Argerich het uit dankbaarheid 'n Carnegie Hall opvoering gemaak ten bate van die Instituut. Van 2019 af is Argerich steeds kankervry.
In 2002 het die regisseur Georges Gachot
Martha Argerich, Evening Conversation, 'n dokumentêre rolprent oor Argerich, vrygestel.Stéphanie Argerich Blagojevic was die direkteur van 'n dokumentêre rolprent oor Argerich se moeder genaamd, Bloody Daughter, wat gebaseer is op filmmateriaal wat sedert haar kinderdae geskiet is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Martha Argerich, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.