Mi6

Die Secret Intelligence Service (SIS), algemeen bekend as MI6, is die buitelandse inligtingsdiens van die Verenigde Koninkryk.

Dit is hoofsaaklik belas met die geheime invordering en ontleding van inligting oorsee ter ondersteuning van die VK se nasionale sekuriteit. SIS is een van die Britse inligtingsdienste. Die hoof daarvan ("C") is regstreeks verantwoordbaar aan die minister van buitelandse sake.

Mi6
MI6 se hoofkwartier aan die Teems in Londen.

Die afdeling, wat in 1909 gestig is as die buitelandse seksie van die Secret Service Bureau, het baie gegroei tydens die Eerste Wêreldoorlog en het omstreeks 1920 sy huidige naam aangeneem. Die naam "MI6" (vir Militêre Intelligensie, afdeling 6) het as 'n gerieflike etiket ontstaan tydens die Tweede Wêreldoorlog, toe die SIS onder baie name bekend was. Dit word vandag nog algemeen gebruik.

Die bestaan van die SIS is eers in 1994 amptelik erken. In dié jaar is die wet op intelligensiedienste in die parlement ingedien om die organisasie vir die eerste keer op 'n statutêre grondslag te plaas.

Die belangrikste rolle van die SIS is volgens berig word teenterrorisme, teenproliferasie, die verskaffing van intelligensie ter ondersteuning van kubersekuriteit en die ondersteuning van stabiliteit oorsee teen terrrorisme en ander misdadige aktiwiteite. Anders as sy belangrikste susteragentskappe, MI5 en die Government Communications Headquarters (GCHQ), werk die SIS uitsluitlik met die invordering van buitelandse inligting.

Die SIS se hoofkwartier is sedert 1994 in die SIS-gebou aan die suideroewer van die Teems in Londen.

Verwysings

Skakels

  • Mi6  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Verenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WikipediaReële getalCSSArmeniëLys van visseAnette EngelbrechtKalenderHondMichelle ObamaLys van politieke partye in Suid-AfrikaMiomboJan BloukaasNoord-Sotho (taal)NardusAnglo-BoereoorlogSekelbosMercuriusEreksieJudaïsmeEikelHemelvaartsdagMuisvoëlProstaatklier.luNoot vir NootRoemeensWhitey BassonInflasieKrokodilLys van persone in die BybelLord’sMynie GrovéHeks van HexrivierGrondKewerArtritisNicolas-Louis de LacailleHeuningbierKongo-krisisMarie PentzBronadresPfizerBoer Soek 'n VrouTermietReënspinnekopAfrikaansEkonomie van Suid-AfrikaOranje-VrystaatGarsMielieVergelyking (wiskunde)Afrikaanse naguilDemi Lee MooreHATRadioMaanWit-RuslandKriek2024 Japannese Grand PrixGelukJohan StemmetAbdomenGeslagsorgaanAngina pectorisDoziSpinnekopBosluisKarlien van JaarsveldSangkunsErektiele disfunksiePalantir TechnologiesChetan BhagatLetterlike en figuurlike taalgebruikHeilige Saterdag🡆 More