M.t. Steynmedalje Vir Natuurwetenskaplike En Tegniese Prestasie

Die M.T.

Steynmedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegniese Prestasie is ’n prys wat toegeken word aan ’n kandidaat vir skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van ’n vertakking(s) van die natuurwetenskappe of die tegnologie. Dit moet as ’n wesenlike en belangrike bydrae tot die bevordering van die natuurwetenskap of die tegnologie beskou word, en moet suksesvol toegepas word in landsbelang. Die prys word beskou as die kroon op ’n lewenstaak en kan daarom slegs een maal aan ’n persoon toegeken word. Die prys is in 1964 goedgekeur om naas die Havengaprys ’n toekenning in die natuurwetenskappe te bied en sedert 1977 word dit jaarliks toegeken. Dit is een van die belangrikste eerbewyse van die Akademie vir leierskap op die hoogste vlak op die gebiede van die natuurwetenskap en die tegniek. Die prys word geborg deur Sanlam.

Die prys is vernoem na die oud-president M.T. Steyn van die Oranje-Vrystaat en eerste voorsitter van die Akademie.

Lys van wenners

  • 1966 – Dr. P.J. du Toit en dr. H.J. van Eck
  • 1967 – Dr. F. Meyer
  • 1970 – Dr. S. Meiring Naudé
  • 1971 – Dr. H.O. Mönnig
  • 1973 – Dr. P. Etienne Rousseau
  • 1976 – Dr. S.J. du Plessis
  • 1977 – Dr. A.J.A. Roux
  • 1978 – Dr. R.L. Straszacker
  • 1979 – Dr. J.P. Coetzee
  • 1981 – Dr. C. van der Merwe Brink (postuum)
  • 1982 – Dr. J.G.H. Loubser
  • 1983 – Dr. G.J. Stander
  • 1984 – Dr. T.F. Muller
  • 1985 – Prof. T.H. Louw
  • 1986 – Dr. N. Stutterheim
  • 1987 – Dr. L. Alberts
  • 1988 – Prof. A.J. Brink
  • 1989 – Dr. A. Keeve Steyn
  • 1990 – Dr. C.F. Garbers
  • 1991 – Dr. J.K. Basson
  • 1992 – Dr. J.H. Hofmeyr
  • 1993 – Dr. E.C. Halliday
  • 1994 – Prof. D.M. Joubert (postuum)
  • 1996 – Prof. D.R. Osterhoff
  • 1997 – Prof. P.H. Stoker
  • 1998 – Prof. W.F.O. Marasas
  • 1999 – Prof. J.H. Venter
  • 2000 – Mnr. W.J. Botha
  • 2001 – Prof. J.W.H. Swanepoel
  • 2003 – Prof. P.V. Tobias
  • 2004 – Dr. D.W. Verwoerd
  • 2005 – Prof. Wieland Gevers
  • 2006 – Prof. S.H. von Solms
  • 2007 – Prof. H.L. Alberts
  • 2008 – Prof. P.W. van der Walt
  • 2009 – Prof. A.A. Stulting
  • 2010 – Prof. J. van Staden
  • 2012 – Prof. C.J.H. Schutte
  • 2013 – Prof. P.S. Steyn
  • 2015 – Prof. J.N. Eloff
  • 2016 – Prof. I.G. (Ivan) Horak
  • 2018 – Prof. M.J. Wingfield
  • 2019 – Prof. A.M. Viljoen
  • 2020 – Prof. Ben-Erik van Wyk
  • 2021 – Dr. F.S. (Francois) Malan.
  • 2022 – Prof. Lise Korsten.
  • 2023 – Prof. Andreas Roodt

Bron

Verwerk vanaf akademie.co.za Geargiveer 19 Oktober 2014 op Wayback Machine.

Verwysings

Tags:

HavengaprysSanlam

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gawes van die Heilige GeesNedersettingKoekie (rekenaarwetenskap)James BrolinWiskundige terminologieKapitaal (ekonomie)TegnologieBosluisJada FireNG gemeente KerkenbergRiley VoelkelArmoedePersentasieKaapse pietjiekanarieVerduisteringPankreasVrouBrighton SharbinoVoorvoegselGlobaliseringKolorektale kankerMillimeterKoalaEienaamIntensiewe vormDiensplig in Suid-AfrikaDie VaderlandAngkor WatObesiteitFireflyEgipteLGBTSpinnekopKlankverskynselsLys van hoofstedePwasaBakterieTaoïsmeLaosProtestantismeReddingskakeBoesmanBesnydenisBoer Soek 'n VrouStikstofRichard Maurice BuckeEenvoudige hangbrugMarvin Amparo SantanaTransgenderStereotipeJazzGravis-aksenttekenHartHoutskoolNiersteenKIslamMenseregteSeekoeiNairobiDonkieLys van elemente volgens simboolBynierKuberspioenasieSeksspeeldingIrma SternGeorge BallotGeorgeFrankfurt SkoolNjalaEier (voedsel)Cristiano Ronaldo🡆 More