Kootjie Snyman

Boeregeneraal Jacobus Philippus (Kootjie) Snyman (29 Januarie 1838 – 19 Desember 1925) word beskou as die swakste generaal van die Anglo-Boereoorlog.

Kootjie Snyman
Generaal Kootjie Snyman.
Kootjie Snyman
'n Jonger Kootjie "Hamerkop" Snyman.

In die oorlog was hy aanvanklik kommandant van die Zeerust-kommando, en later generaal van die Rustenburgse en Marico-burgers. By die Beleg van Mafeking was hy onder bevel van generaal Piet Cronje, maar is met voorgenoemde se vertrek op 18 November 1899 in bevel oor die beleg gestel. Snyman kon egter geen welslae behaal nie. Weens sy besluiteloosheid en swak toepassing van dissipline, is baie van sy manskappe doodgeskiet, gewond of gevange geneem.

Na die Slag van Diamond Hill digby Pretoria, is hy weens growwe pligsversuim van sy rang onthef, en is vir lafhartigheid op die slagveld tot tronkstraf gevonnis. Ná die val van Pretoria is hy deur die Britte vrygelaat en het die res van die oorlog op sy plaas deurgebring.

Hy is op ouderdom 87 te Doornhoek, Marico, oorlede.

Verwysings

Tags:

Tweede Vryheidsoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BulgaryeWoestynGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaAppiese WegAarde se atmosfeerOrale seksAbantu Batho CongressHipertensieGalblaasIntensiewe vormRob HersovNoordwes-Universiteit2023 Gaboenese staatsgreep1892Wladimir PoetinMenseregteSkilpadVerenigde StateTongaWestdenedam-rampWikiLeaksRenier van RooyenNierversakingVlag van EuropaSorina Erasmus18de eeuPythagoras se stellingLily CarterLys van Suid-Afrikaanse musikanteBemarkingShaanxiKoos du PlessisRepubliek ChinaColombiaHillary Anne MatthewsWayback MachineBelastingNew YorkThabo MbekiSponsdierGurbanguly BerdimuhamedowGiovanni di BicciBergskilpadPotchefstroomZazakiHondLongVerkoueMediaWikiOnse VaderAfrikaanse naguilThe GuardianNagapieAstronoomDissipel vir wie Jesus baie lief wasOu Apostoliese KerkJudeaCarles PuigdemontKruisigingAfrikaanse gesegdes uit die MiddeleeueHemelvaartsdagNederduitsch Hervormde KerkKlimaatAnale kankerJohannes KerkorrelAtheneDemi Lee MooreSt. LuciaSeksposisieBorsjtOrgasmeWêreld- Ekonomiese ForumOrkney Snork NieTallinn🡆 More