Klimvis

Periophthalmus is 'n genus van visse met amfibiese gewoontes, ook bekend as klimvisse.

Die verskillende soorte varieer tussen 15 tot 30 sentimeter in grootte. Die langste geregistreerde leeftyd is 6 jaar. In Engels staan die vis bekend as die mudskipper.

Klimvis
Klimvis
Klimvisse in Gambië.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Gobioidei
Familie:
Subfamilie:
Oxudercinae
Genera

Apocryptes
Apocryptodon
Boleophthalmus
Parapocryptes
Periophthalmodon
Periophthalmus
Pseudapocryptes
Scartelaos
Zappa

Voorkoms

Die vis het 'n stomp kop met 'n gondelvormige langwerpige liggaam. Die oë staan bo-op de kop geplaas en die borsvinne staan laag geleë en funksioneer as staanvoete. Deur middel van kieue en haarvate kan hy in water sowel as op land suurstof inasem.

Leefomgewing

Die klimvis leef in brak water op land en in die see in baie dele van die wêreld, van Afrika tot Australië en Suidoos-Asië.

Die Suid-Afrikaanse variant (Latyn Periophthalmus kolreuteri) kom naby Port St. Johns in die Oos-Kaap voor, sowel as in Oos-Afrika en in die Stille Oseaan. Sy Latynse naam Periophthalmus kolreuteri is ter ere van Joseph Gottlieb Kölreuter, 'n Duitse plantkundige, benoem.

Amfibiese eienskappe

Die klimvis is merkwaardig vanweë sy amfibiese gewoonte om bokant die watervlak aan rotse of stamme of stingels vas te klou. Vandaar ook sy naam. Dan spring hy weer terug en gly oor die oppervlakte in 'n reeks spronge om daarna in die modder weg te kruip of weg te swem.

Hy verkies mangrovebosse, moerasse en souterige kuswater waar hy op die land na voedsel soek. Die vis kan wel in water swem, maar doen dit nie dikwels nie. Met behulp van 'n buigsame ruggraat kan die klimvis sy rug krom maak en daarmee spronge van omtrent 'n halwe meter maak, om sodoende prooi te vang, of van poel tot poel te beweeg.

Dieet

Die klimvis leef van krappe en insekte.

Sien ook

Bron

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Klimvis VoorkomsKlimvis LeefomgewingKlimvis Amfibiese eienskappeKlimvis DieetKlimvis Sien ookKlimvis BronKlimvis Eksterne skakelsKlimvis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GetalLetterkundeWetenskaplike klassifikasieWitbloedselKolonisasieShakaSwartrenosterLimpopo (rivier)NatuurbewaringTienie HollowayLeierskapLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaKlem-in-die-kaakKersfeesAkademiaRacheltjie de BeerGeografie van Suid-AfrikaFabelSwitserlandInsekConsolidated B-24 LiberatorGalblaasRugbyAbstraksie (rekenaarwetenskap)GeelslangIngenieursweseVolksrepubliek ChinaAlkoholismeHaaieJode in Suid-AfrikaWeermagIntensiewe vormVerenigde State van AmerikaAdolf HitlerWet op NaturellengrondBreinTafelbergOntbossingPropagandaSkildklierKernkragSeksposisiePersentasieKolorektale kankerSwemKaapstadBestaansboerderyTremOmtrek, oppervlakte en volumeGrondwet van Suid-AfrikaSuid-EuropaMusiekEendbekdierTrigeminale neuralgieSelfoonLys van Afrikaanse rolprenteAfrikaanse taalleerBloeddrukWaterstofLys van Afrikaanse televisiereekseKatHerfsUnited Democratic FrontNatriumtiosulfaatSowjetunieVerkragtingHorlosieSamestellende afleidingGriepMandalaRookgewoonte20ste eeuSuiwelprodukByung-Chul HanJagluiperd🡆 More